Iemand Soos Hy


Die wonder:
hierdie harde wêreld waarin ons woon,
‘n mens word ook hard
ek weet al hoe baie ek daarteen moes stry
dan is daar mense soos hy
wat sommer alles in ‘n oogwink verander.

Soos ‘n Woestyn, woes en leeg, net sand waar jy kyk
en dan –
blomme en immergroen wat die dor, leë wêreld vul
orals waar hierdie mensie gaan
soos ‘n koel aand wind na ‘n lang warm dag.
Dan weet ek dat daar min mense so jonk hulle doel bereik…

© Thomas Dreyer

 


 

Lewer kommentaar