Dit is vyf voor vier.
Ek klim uit my motor
toe ‘n vuishou my diep binne tref;
soos vrees wat jou gryp en intrek,
maar waarom nou – is ek dan bang?
Hoe nader ek aan die voordeur kom…
soos iets wat binne in my opstaan.
Toe ek die deur binne stap –
‘n swaar donker atmosfeer verwelkom my.
Ek sien hoe haat en dood mekaar aangluur…
in die hoek sit seer, bene opgetrek
arms om die kop en bene vasgeklem
asom te sê “…dis nou genoeg…”
Ek probeer hul ignoreer,
maar kies koers na buite.
Ek druk die voordeur toe
met haat en dood kort op my hakke.
Met verligting verskuif hul blik weer na mekaar…
maar… seer, steeds inmekaar getrek in die hoek…
Ek wik-en-weeg om haar te gaan haal…
Ek besef sy sal self moet uitkom
ek stap ‘n ent verder
ek kniel by die venster en roep haar sag
niks gebeur, ek hoor net ‘n paar snikke…
Eina!
Ek voel hoe die trane van diep binne oor my wange rol
© Thomas Dreyer
Die seer werd?
Baie roerend. Goed geskryf gelowige Thomas.
LikeLike
Is dit die seer werd?
Thomas
Dit is ‘n ongelooflike gedig, met die seer so duidelik – op jou vraag kan ek net antwoord, sonder seer het ons nog nie gelewe nie.
Hou aan skryf en selfs die seer sal beter raak.
Groete
LikeLike