Jy hoef nie verlore en bang te wees nie ook nie alleen deur probleme te gaan nie. Jy kan Jesus se hand neem dan stap Hy saam met jou terwyl jy al jou probleme en sorge na God se troonkamer neem. Daar trek jy dit uitmekaar en verduidelik aan Hom elke detail van alles wat jou onderkry. Los dit dan daar by Sy voete – moet nou nie weer met die goed uitstap nie, bly gerus langer en maak seker dat jy alles by Sy voete laat…
Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
(Hebreërs 4:16.)Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
(Filippense 4:6-9.)Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
(Matthéüs 11:28.)
Jy moet leer om Jesus se aangesig te soek, Sy krag te soek, Sy teenwoordigheid te soek in alles.
Wherever Jesus comes He establishes rest. The rest of perfection of activity that is never conscious of itself.
Oswald Chambers
Want Hy is naby jou, binne in jou en Hy nooi jou om alles met Hom te deel – netso kan jy Hom ook nooi om alles met jou te deel.
En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.
(Jesaja 65:24.)… Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig
(Romeine 10:8.)Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus
(Hebreërs 10:19.)Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
(Psalm 105:4.)Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
(Jeremia 29:11-13.)
So besorg is ons God oor elkeen van ons dat ons met vrymoedigheid na Hom kan gaan en al ons laste en bekommernis op Hom kan werp… (1 Petrus 5:7.) Hierdie inskrywing “Someone to Pick Us Up Every Day” is ‘n baie mooi beskrywing van hoe ons op ons Here en God kan en moet vertrou.
Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
(Psalm 37:3-4.)
Ja, ons kan Hom ten volle vertrou met al ons seer, blydskap, pyn, teleurstellings, vreugdes ens…
LikeLike