Hemel Vader, hier is soveel seer, soveel pyn in hierdie wêreld van ons. Mag ek nog bid en vra dat U koninkryk kom en U wil geskied hier op aarde soos dit is in die hemel? Mag ek dan droom oor ‘n wêreld sonder al die pyn en die seer… ‘n wêreld vry van haat en misdaad?
Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil geskied,
soos in die hemel net so ook op die aarde;
gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen.
(Mat.6:9-13 & Luk.11:2-4.)
Hemel Vader, kom wees my Vader, my God, my Voorsiener en my Verlosser…
Leer my U weg en U waarheid…
WHEN YOU ARE FACED with hard changes, take a deep breath, put yourself in God’s hands, trust God’s presence with you through the process of change, and give your sadness and mourning over to God. You will be supported. You will be sustained. You will be comforted. And you will be led along the way.
– Helen R. Neinast and Thomas C. Ettinger
What About God? Now That You’re Off to College
Natuurlik is die Koninkryk van God liefde, geregtigheid, vrede en vreugde in die Heilige Gees…
Tog is dit wat jy noem so waar, meeste mense dink dat hulle belewenis (soos die rugby) die geskenk (gawe) is wat God aan ons kom gee, maar dit is heeltemal verkeerd want die Heilige Gees is die geskenk (gawe) wat God aan ons gegee het.
Ek stem met jou saam, om die Koninkryk van God te laat kom hier waar ek is, moet ek my liggaam gee as ‘n redelike en welgevallige offer. Hierdie offer is gehoorsaamheid. As ek gehoorsaam is dan kan God my gebruik vir Sy dienswerk. In hierdie gehoorsaamheid groei ek ook tot ‘n volwasse boom wat goeie vrug dra.
LikeLike
Thomas, toe die Bokke gewen het, het ek vrede , vreugde ervaar en ek is lief vir rugby en my span en dink ook geregtigheid het geskied, maar dit was in rugby en nie in die Heilige Gees nie.
Ek dink, om die Koninkryk te laat kom, is dit nodig dat ek my liggaam gee as ‘n redelike en welgevallige offer (wat dit ook al beteken), vir God se dienswerke, sodat God my kan gebruik. Dan sal ek God se krag en heerlikheid ervaar, omdat die Koninkryk nie met sigbare tekens kom nie. Hierdie moet als plaasvind, terwyl ek die vrugte van die Gees openbaar.
LikeLike
Ja Wolliem! Dit is wat die Koninkryk is – iets wat ons NOU moet ontvang, nie as ons eendag “doodgaan” nie.
Hierdie Koningkryk word gekenmerk deur liefde, geregtigheid, vrede en vreugde.
Dit is dalk moeilik om te beskryf hoe dit na ‘n mens toe kom, maar ek is seker dat ‘n lewe van liefde, gehoorsaamhied en geloof mens deel maak van hierdie Koninkryk. Jesus het tog gesê dat die koninkryk binne ons is…
LikeLike
Wat my kommer, is dat meeste mense verwag om na die Koninkryk toe te gaan wanneer hulle die tydelike met die ewiglike verwissel, terwyl die Koninkryk in hierdie lewe na hulle toe moet kom.
Waaruit bestaan die Koninkryk wat na my toe moet kom?
Hoe gaan dit na my toe kom?
LikeLike
Dankie Attie,
Dit is werklik my hartsbegeerte om hierdie wêreld te kan sien sonder al die seer.
As ek net elke dag een mens kan bystaan, lief hê en die pyn en seer kan verminder glo ek dat dit vir ons waar word, hierdie hemel op aarde…
LikeLike
Thomas: Ek staan darem soms verstom. In my daaglikse gebed op my blog het ek ook die Ons vader vir hierdie dag gebid. Is dit nou nie wonderlik dat jy ook die gebed gebruik nie. Kom ons bid en droom en pleit vir ‘n wêreld sonder al hierdie pyn en seer en vry van al hierdie misdaad – kom ons bid vir hemel op aarde wanneer God self by ons sal kom bly. More gaan ek iemand soek wie se seer ek minder kan maak. Dan sal dit vir daardie een hemel op aarde wees en jou gebed sal in een mens se lewe verhoor wees.
LikeLike