‘MIGHTY MEN’ KONFERENSIE (MMC) 2008


HALLELUJAH! Die MMC 2008 was hierdie naweek gewees. Dit was selfs meer asemrowend gewees as wat ek kon dink…

Vir meer inligting oor ander optredes, die bestelling van boeke en DVD’s gaan na MMC 2007 / 2008.

Die Tema was: Dying to Live

Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
(Gal.2:20).

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
(Joh.12:24).

Ons het Donderdag nag die bus gekry en in die eerste paar minute van Vrydag oggend vertrek na Greytown…

Sewe uur Vrydag oggend kom ons Shalom plaas ingery. Daar is reeds hier en daar ‘n tent of karavaan. Ons het die bus uitgepak, kamp op geslaan, ‘n vinnige ontbyt aanmekaar gesit en ‘n bietjie ontspan…

Later het ons gaan uitvind wat ons “duties” as kosspan was, en Helder Oranje beffies gekry om aan te trek, vinnig is ons opgedeel in groepe met seksie leiers en al… so het ons naweek begin!

Wat vir my die hardste getref het hierdie naweek is die begrip van "commitment". Angus het baie gepraat daar oor. Ek was in die kosspan gewees en ons het nogals hard gewerk en daar het ek ook weer die belangrikheid van samewerking en verantwoordelikheid besef. Dit is slegs deur "commitment" wat ons volkome samewerking bereik en word afsonderlike verantwoordelikheid ‘n kragtig "tool" wat inspireerend en opbouend is.

Daaglikse stiltetyd is die sleutel tot die "commitment" wat ons met ons Here en God moet hê, maar tog is dit iets wat ons maklik afskeep. Gou-gou ‘n versie en ‘n gebedjie is nie stiltetyd nie. Ek het besef dat ek net soms werklik stiltetyd het en ander dae word dit sommer net afgejaag. Ek het besluit om ‘n "commitment" te maak tot daaglikse stiltetyd – waar niks sommer net afgejaag word nie.

Ek sal later meer met jul deel wat my ondervinding was, maar nooi die van jul wat daar was om ‘n bietjie te deel oor elk van jul ondervindings en belewenisse.

13 gedagtes oor “‘MIGHTY MEN’ KONFERENSIE (MMC) 2008”

  1. Wat wonderlik was/is van die MMC 2008 is dat daar ‘n blywende vrug is…ek’s seker dat die grootste meerderheid vd manne steeds stilte tyd in die oggende hou, steeds by hul commitments bly…DIS die krag vd Here wat lewens verander…lekker om te sien Jesus lewe en dat ons land op SY agenda is…groot profesie het uitgegaan tydens ‘n oplewing huidiglik in Florida- dat herlewing hierdie land gaan ruk…ons beleef dit en mag dit groter uitkring om Afrika te bless…ons mandaat vd begin af…O ja en kyk hoe hierdie huidige beweging ook die nasies vd wereld gaan bless…Jes 60 se mos so!!! HALLELUJAH! Hy regeer!

    Like

  2. Ek het heel per ongeluk al die pad van die Weskus MMC 2008 bygewoon aangesien ek ‘n kursus in Newcastle gehad het die Maandag – ek weet egter nou dit was nie per ongeluk nie.
    Voorheen het ek myself ‘n Christen genoem omdat dit vir my logies was om in iets te glo waar dit nie alles verby is wanneer jy doodgaan nie. Ek het in ‘n Christen huis groot geword en het op vele geleenthede myself gedeeltelik oopgemaak vir die Heilige gees, maar wou altyd self in beheer bly – ek was ‘n Christen wanneer dit my pas. Die naweek van MMC 2008 het dit verander – tussen 50 000 mans wat die Here loof was die eie ek ewe skielik so klein dat ek uiteindelik myself ten volle oopgemaak het vir die Heilige gees (Geilige gees soos Angus sal se). Hoe weet ek dit? Wel na die naweek het ek ‘n rustigheid wat ek nog nooit gehad het nie – ek het geen behoefde vir dit wat ek weet nie deel van die Lig is nie. Ek sien uit na my stilte tyd in die oggend – dit was vooreen iets wat ek gevoel het ek moet doen. Ek het behoefde om Jesus te loof in alles wat ek doen en dit te deel met ander. Ek weet egter nog nie altyd hoe nie, maar beplan om die pad te stap deur Hom wat my krag gee.
    Ek wil dankie se aan elke man wat daar was – jul het elkeen ‘n bydra gelewer tot die herlewing wat ek ervaar het en wat ek in soveel ander gesien het. Ek wil net weer herhaal wat oom Angus gese het – Ons moet bid vir hom en sy gesin en ons moet elkeen verandwoordelikheid neem vir die herlewing wat ons nou saam begin het in Suid Afrika. Ek hoop net oom Angus besef daar gaan volgende jaar ‘n Miljoen Greytown toe wil kom.

    Like

  3. It was a great weekend at the Mighty men of God conference – I could have done with a few more ‘home comforts’, but then again, I am a city boy! Seriously though, being on crutches is not very comfortable in the middle of the mealies, and it got a little less comfortable when it started raining last night. But, heck, that’s all part of the experience!

    The conference was great. I didn’t learn anything new, and I guess that the intent of the conference was not to teach new things, but rather to remind us to do things that we should be doing anyway!

    I was, however, inspired by the straightforward manner in which Angus Buchan challenged the men who were present to ‘get their lives sorted out’. Most of his talks centered around issues of relationship with one’s loved ones, the courage to serve God with passion, and finding a purpose for one’s life that is about more than just working and selfishly enjoying one’s self.

    I enjoyed being with the group I went with – there were 7 of us. We spent time chatting, we braai’d (that’s a cookout for those outside of South Africa), we camped on a farm, didn’t get to shower (there was not enough water for that), and spent a lot of time sharing thoughts and ideas about our dreams, aspirations, our love for our families, our hopes for our lives, our desire for our relationship with God etc. We spent a lot of time just praying with one another and for one another and our wives and children. It has been quite a few years since I have had the joy of just being an ordinary Christian guy among other ordinary Christian guys (not a theologian, or a minister, or a Dean, but just another Christian guy). And I loved it! A number of significant shifts and breakthroughs came from among the group of men that I had the chance to talk to.

    I saw many friends there too (quite a few from Bryanston, many, many, many Methodists members and Methodist ministers that I have met, served, and come to know over the years. I even met a few friends that I studied with at University from the Presbyterian, Anglican and independent Churches). Then there were the many new friends I made! I spent a lot of time chatting with a pastor from Margate who is doing remarkable work to bring together the Churches in his area to address the social needs of the community. Through him I met a young doctor, humble, gifted, and kind, who serves his Church and his community with the love of Christ. He inspired me with his faith.

    So, it was a good time. On our way out of PMB we had a chance to meet with Dr Michael Cassidy to talk about the NIRSA meetings this coming week. Michael and I haven’t always held the same views on certain theological issues. But he has always kindly sent me copies of his books, complimented me on sermons he has heard me preach, and offered me encouragement, advice, and support. I look forward to getting to know him better.

    Of course, being a bit of a gadget guy, I CERTAINLY enjoyed the flight to and from the conference in the company jet!

    There were a few ‘hairy’ theological moments. And I am thankful to my good friend who sent me one or two things via email to read and pray about. On the whole however even those who are less liberal than I seemed to sense when things came across too strongly or were overstated. I had many opportunities to engage with the 50 or so guys we camped with in our small area, and amazingly our theology was fairly similar in most respects. We talked about deep and significant things. Of course the one thing we all shared was a love for Jesus.

    Well, I am pleased to be home, to have had a long hot bath and a hot cup of coffee. Tomorrow I go to work for a few meetings, and then on Tuesday I go to Johannesburg for the NIRSA (National Initiative to Reform South Africa) conference. I’ll post some pictures and reflections from there. So please stay tuned!

    Thanks for all the great comments! I am feeling more Wesleyn, and more Christian, than I have in a long while.

    Like

  4. God is Great. Amen

    What an unbelievable experience!

    Shivers are still running down my spine as I am trying to explain to others how this weekend was…..if you were not part of it you cannot express the Greatness of God and unity amongst His children that was on this farm over the weekend.

    It was probably the biggest spontaneous gathering of men from all over our country in the history, and is it not awesome that I was to serve our Living God.

    God is alive and for those who had any doubt, there is hope for this country as long as we look upwards and put God first.

    God changed my life forever…..Amen!!!!!!!!!

    Like

  5. Ek was een van die 60 000 geseënde mans wat na Angus kom gaan luister het, ek het net weereens die naweek besef dat ons ‘n Lewendige en magtige GOD en VADER aanbid en die naweek was onbeskryflik om te sien hoe die HEILIGE GEES werk.
    Ek kan net sê AMEN!!!!!!!!!!!!!

    Like

  6. This has been the most unbelievable experience ever, Satan watch out! Jesus is Alive and the devil knows it!

    We are in Revival and may God Bless you all, and may we that were there create more disciples for our Great Lord.

    Praise to the Lord, Our King of Kings

    Bless you all!

    I have died to live, have you?

    Like

  7. Die Here is getrou…

    Ek glo Vader het in die mans wat Hom gesoek het by die konferensie, ‘n saadjie geplant. ‘n Saadjie is ‘n awesome ding, kan soveel vrug dra, ma dis so “fragile” in die begin. Vader was getrou die naweek en het ‘n saadjie kom plant (geen mens kan saadjies plant in harte nie, slegs die Heilige Gees), nou kort daai saadjie water, vrugbare grond, ens. Dis waar ons inkom, God was getrou en het lewe in ons kom sit, nou deur tyd saam Hom deur te bring, deur intiem met Hom te wees in ons binnekamer, gee ons daai saadjie water, ens. My gebed is dat, hierdie Vader elke man wat daar was se saadjies sal laat ontkiem, sodat dit kan groei, en sodat Hy ALLEEN al die eer sal kry! ek stem saam Regardt, ons as manne moet nou intimate met Hom raak, self Angus het gesê “First the mountain then the ministry.” Ons MOET by Hom uitkom. Dis soos ‘n eksamen toets, niemand wil leer nie,ma almal soek goeie punte. Almal soek die krag van God, ma is nie bereid om die ure saammet Hom te spandeer wat nodig is nie! Ons moet intimate raak met Hom!

    Matt.13:18-23
    [18] Hear ye therefore the parable of the sower.
    [19] When any one heareth the word of the kingdom, and understandeth it not, then cometh the wicked one, and catcheth away that which was sown in his heart. This is he which received seed by the way side.
    [20] But he that received the seed into stony places, the same is he that heareth the word, and anon with joy receiveth it;
    [21] Yet hath he not root in himself, but dureth for a while: for when tribulation or persecution ariseth because of the word, by and by he is offended.
    [22] He also that received seed among the thorns is he that heareth the word; and the care of this world, and the deceitfulness of riches, choke the word, and he becometh unfruitful.
    [23] But he that received seed into the good ground is he that heareth the word, and understandeth it; which also beareth fruit, and bringeth forth, some an hundredfold, some sixty, some thirty.

    HalleluYAH!

    Like

  8. Ek was daar. My speeksel is al dun gepraat hieroor, want dis was nie ongelooflik nie, maar gelooflik!
    Nog nooit het iemand nadat met hulle gesels het oor enige aspek van Christenskap my gevra om vir hom te bid nie. Oom James het vanoggend my eenkant toe geroep en gesê hy kon gister die glinster in my oë sien toe ek praat oor die konferensie.
    Hy is 81 en het my gevra om vir Angus te vra om vir hom te bid omdat hy en sy vrou op hulle gevorderde ouderdom huweliks probleme het.
    Ek vra julle nou dat ons almal vir o’ James en sy vrou bid sodat hulle weer bymekaar kan uitkom.
    Het ons dan nie die naweek geleer van Liefde nie!
    In die naam van die Vader vra ek julle dan om asb. saam met my te bid oor hierdie saak.

    Groete in Chritus,
    Gerrie

    Like

  9. Ek het net gelees daarvan in die Rapport asook bogenoemde aanhaling uit Beeld – ek kan my net voorstel watter wonderlike gesig dit moes gewees het om soveel manne in gemeensaamheid met God saamgesnoer te sien (en te hoor sing en prys!) Die opkoms was absoluut ‘n wonderwerk en deur God bematig. Het hoendervleis op hoendervleis gekry terwyl ek die artikels gelees het – God is groot! Maak my nogal bietjie spyt dat ek ‘n vrou is en nie ook kon bywoon nie!

    Like

  10. Was ook daar!!!!
    Ek is steeds tranerig oor die ongelooflike krag van die proklamasie wat hierdie naweek gemaak is.
    Mense, dinge gaan nooit weer dieselfde wees nie.

    AAAAHHHHHMMMMMEEEEENNNNNN!!!!!!

    Like

  11. Dankie Seeker!
    Hierdie berig van die Beeld som dit mooi op.

    Dankie Regardt!
    Dit is verseker waartoe ons geroep is:

    to lay down our lives as Men, in order for His plan, the heavenly pattern for South Africa to come into fulfillment…

    Like

  12. Psa 24:3-6 Who shall ascend into the hill of the LORD? or who shall stand in his holy place? He that hath clean hands, and a pure heart; who hath not lifted up his soul unto vanity, nor sworn deceitfully. He shall receive the blessing from the LORD, and righteousness from the God of his salvation. This is the generation of them that seek him, that seek thy face, O Jacob. Selah.

    Exo 19:10,11 And the LORD said unto Moses, Go unto the people, and sanctify them today and tomorrow, and let them wash their clothes,
    And be ready against the third day: for the third day the LORD will come down in the sight of all the people upon mount Sinai.

    I only have 3 words…Intimacy, Intimacy, and Intimacy!

    We cannot Fear Him, if we do not know Who this Holy God is. He came down at Mount Sinai to prove his people to give them a choice to come out Egypt, just as He called His Son out of Egypt, out of the house of bondage.

    Amazingly ordained by the King Himself, this weekend was the Passover weekend when the perfect Lamb was slain at the ninth hour (3pm) Saturday (14day of Nissan) according to Exodus 12, and not according to church history and traditions. The theme of this weekend was dying to live, a fitting theme for a Passover weekend, where many chose to die to self, only to be resurrected in our Messiah.

    Men were Men again. We have been robbed of our identity in Yahshua (Jesus), our masculinity have been suppressed…but through His amazing grace started to restore His order that would bring healing to families, communities and nations. I have seen hardened farmers repent of their sins, softening under the loving presence of our Beloved, I have seen burdens lifted, yokes removed, and hearts restored back to Him.

    We have been challenged to lay down our lives as Men, in order for His plan, the heavenly pattern for South Africa to come into fulfillment. He has become our Salvation and Hope in a time such as this.

    Only from a place of intimacy with our Beloved will the fire, passion and zeal for Him be ignited…those who worship Him, must worship Him in Spirit and Truth.

    This weekend His Gideon army arised! He is doing it, without man taking the Glory.

    Glory to Him!

    Like

  13. Ek was nou nie so geseënde gewees om hierdie MMC by te woon nie. Sou baie graag wou!

    Hier is iets wat in die Beeld was

    ‘Duiwel het pak slae gekry’

    Apr 20 2008 08:41:04:193PM

    “Ons is in herlewing!”

    Neels Jackson

    Greytown. – “Ons is in herlewing!”

    Met dié uitroep het mnr. Angus Buchan, KwaZulu-Natalse boer, gister die gevoel van duisende mans opgesom wat op die plaas Shalom naby Greytown saamgetrek het vir die Mighty Men’s Conference.

    Teen gisteroggend het Buchan gepraat van 60 000 mans wat die saamtrek bygewoon het. Hy het na die reusetent waarin hulle byeen was, verwys as die berg Sinai omdat dit vir dié mans ‘n ontmoetingsplek met God was.

    Toe die rekenaarstelsel wat registrasies vir die konferensie gehanteer het, Vrydagoggend finaal onder die druk van die elektroniese verkeer die gees gegee het, was daar al 55 000 registrasies, het Buchan gese. Dit het in ‘n stadium teen een per sekonde ingestroom.

    Dít ondanks die feit dat die konferensie nerens geadverteer is nie. Die nuus het bloot van mond tot mond geloop soos mense dit oorvertel het.

    Buchan het die mans gisteroggend huis toe gestuur met die boodskap dat God Suid-Afrika gaan red – en dat hy hulle gaan gebruik om dit te doen.

    Hy het gese die duiwel het die naweek ‘n groot pak slae in die bokskryt van die konferensie gekry en mans aangemoedig om hom nie kans te gee om op te staan nie. “Moenie hom naby julle kinders laat kom nie. Moenie hom naby julle vroue laat kom nie,” het hy gese.

    Hy het gese hy weet baie van die mans gaan terug na moeilike situasies toe, “maar julle gaan anders terug,” het hy bygevoeg. Hy het hulle die versekering gegee dat God met hulle sal wees.

    Sy boodskappe deur die loop van die naweek was eenvoudig, op die man af en sterk.

    Vrydagaand het hy vir die manne gese hulle moet hulself heilig. Hulle moet ontslae raak van die sonde in hul lewe, sodat hulle vir God kan werk.

    “Get rid of the rubbish,” was sy boodskap.

    Saterdagoggend het hy hulle aangespoor om die verhoudinge in hul gesinne te gaan herstel. Hulle moet hul vroue en kinders om verskoning gaan vra vir dít wat hulle verkeerd gedoen het.

    Saterdagaand was die boodskap dat hulle hulself moes prysgee sodat God hulle kan gebruik. Manne van God moet hul eie ambisies en agendas prysgee om vir Hom te kan lewe.

    Gisteroggend was sy afsluitingsboodskap dat elke man elke dag in stilte met God moet begin. Jy kan nie iemand leer ken deur net 5 minute per dag met hom te gesels nie, het hy gese. Mans moet tyd maak om saam met God te bestee.

    “Julle is te besig,” het hy gesê.

    Hy het bygevoeg dat dié afspraak met God aan die begin van elke dag sal help keer dat mans terugval in slegte gewoontes. As jy elke oggend met die Koning praat, kan jy jou nie ook nog met pornografie ophou nie, het hy gese.

    Dat die groot skare aan Buchan se lippe gehang het, was duidelik. ‘n Groot persentasie was Afrikaanssprekend en baie was boere of mense met verbintenisse in die landbou.

    Buchan gaan die res van die jaar massabyeenkomste in stadions in Suider-Afrika hou om die herlewing verder te voer. Sulke saamtrekke word beplan vir Vanderbijlpark, Windhoek, Loftus Versfeld in Pretoria, Kroonstad, Kimberley, die Absa-stadion in Durban, Nuweland in Kaapstad, Oos-Londen en Port Elizabeth.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s