Ons Land Suid Afrika!!!


Ek is so opgewonde oor alles wat in ons land aan die gebeur is. Ja daar is baie drama, seer pyn en vrees, maar die teenwoordigheid van God is meer en meer sigbaar waar Hy die seer pyn en vrees intree…

Dit maak my soms suur as mense oor alles negatief is en net die sleg in alles raak sien. Mense wat so negatief is en net dood, oordeel en mislukking spreek oor ons mooi land moet dan liewer na ‘n ander land verhuis. Ons het elke liewe persoon nodig om te bly glo en bid in die herstel en genesing van ons land. Dit gaan baie harde werk en bid kos om ons land weer te genees en sonder God sal dit onmoontlik wees, maar Sy belofte bly staan:

en wanneer my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
(2 Kronieke 7:14).

Ons moet Sy naam uit roep oor ons land en volk, bly bid vir mekaar en ons land en ook God se wil en aangesig soek t.o.v. Suid Afrika. Dit is dan dat alles draai en Sy genesende krag vloei. Dit het in 1994 gebeur met die verkiesing en is alweer aan die gebeur.

Ons skool en opvoedkunde stelsel is in ‘n gemors en die opvoedkunde departemente kan dit nie raak sien nie, ook beskik hul nie oor die vermoë om dit te herstel nie. Ook die mediese stelsel is besig om te sink – Hospitale en mediesehulpskemas. Nog steeds sal ons bly bid en weet dat God ‘n verskil gaan maak. Ons moet bereid wees om van ons self te gee, tyd, geld en arbeid in die vertroue dat God ons gaan gebruik om hierdie mooi land wat Hy vir ons gegee het volkome te genees – dit sluit die misdaad ook in.

Bid saam met my daagliks vir ons Land en wees bereid om ‘n opoffering te maak vir ons naaste en ons land!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s