Gebed vir Liefde


Hemel Vader, groot is u Naam,
Heilig en volmaak,
Oneindig u liefde en genade.

Heilige Gees,
kom maak ons bewus van liefde,
wek ons geestelik op,
sodat ons u liefde vir ons
kan ontdek,
kan ervaar.

God van liefde, ons het u nodig,
help ons om mekaar lief te hê,
sodat ons nooit liefde weerhou nie.

Laat ons lewe in u Liefde,
met die begeerte na liefde,
sodat ons volmaakte liefde
teenoor ons medemens openbaar.
Want waar u liefde heers,
heers daar vrede.

Here Jesus leer ons van
u liefde,
skenk ons u vrede
sodat ons dit kan lewe, vir u.

Amen.

Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê; nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig. Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle haat nie. Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood. Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie. Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?
(1 John 3:11-17).

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s