ALLE VOLKE, KLAP JULLE HANDE


Braam Hanekom 1993

Alle volke, klap julle hande –
juig tot eer van God.
Verhoog julle stem en roem Sy Naam
in elke stad op aarde

Koor
Sing en sing en sing dan saam;
loof en prys Sy grote Naam,
want Hy is ewig Koning
in die Hemel en op aarde!
Sing en sing en sing dan saam;
loof en prys Sy grote Naam,
want die Hemelkoning
skenk ons Sy genade!

Hy is ewig Koning
in die hemel en op aarde!
Die volke kniel, dien nasies huig
oor al Sy skeppings dade.

Koor

Ons gaan in Sy woning in,
Hy roep ons almal saam!;
die skare juig en horings blaas,
ons almal roem Sy naam.

Koor

15 gedagtes oor “ALLE VOLKE, KLAP JULLE HANDE”

  1. Ek kon self nie baie van die musiek kry nie. Dit word beskerm deur kopiregte en is dus net in sekere harde formaat bedkikbaar. Daar is wel ‘n pyogram beskikbaar – ek weet nie wat die nadm is nie – wat amper al die liedere op het. Hoor by jou kerk of hul weet…

    Like

  2. ek is eintlik opsoek na alle gospel musiek wat ek kan download maar is moeilik om aan die hande te kry. ek ken nie altyd die name van die musiek wat ons on die kerk sing nie.

    Like

  3. Hi, daar almal!!! Het iemand dalk vir my ‘n musiekstuk “van alle volke klap jul hande” wat in ‘n ander sleutel geskryf is as G-Majeur? G-Majeur speel vir my ‘n bietjie moeilik…

    Like

  4. Het iemand ‘n engelse weergawe van hierdie liedjie? Ons bly in die UK en wil dit graag vir die jeug leer… Da hoef ek nie self ‘n vertaling wat werk uit te dink nie…

    Like

  5. martin net sodat jy weet alle volke klap met die hande speel in 3/4 tyding

    Like

  6. Cool, dankie ek het gesoek na hierdie liedjie 🙂

    Terloops daar is ‘n C ook in die koor deel:

    D
    “Loof en prys Sy grote Naam want”
    C D
    “Hy is ewig” “Koning”…

    Like

  7. Kan iemand my asb help met die kitaar drukke van “Alle volke, klap met die hande”

    Baie dankie

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s