Ken jy God werklik?
Het “Die God van Abraham, Isak en Jakob” enige betekenis vir jou?
Die Israeliete het hom geken as “Die God van Abraham, Isak en Jakob”.
Hulle het presies geweet na wie verwys word en geweet dat Hy:
- die Skepper van alle dinge is,
- die Verlosser van die wêreld is,
- die God is wat vir Abraham ‘n seun op die ouderdom van’ n 100 jaar gegee het,
- die God is wat Isak en Jakob se families gered van hongersnood,
- die God is wat Sy volk uit Egipte gered het,
- die God is wat Sy volk deur die Rooi See geneem het,
- die God is wat Sy volk deur die woestyn gelei het,
- die God is wat Sy volk deur die Jordaan rivier geneem het,
- die God is wat Sy volk in die seëninge en beloftes wat Hy vir hul gehad het ingelei het…
Al hierdie beeld God se grootheid en almagtigheid uit en is saamgevat in Sy naam, “Die God van Abraham, Isak en Jakob”!
Sy naam het sy volk in verwondering en bewondering gebring, en daarom aanbid hulle Hom vir wie Hy is.
Jy moet hierdie naam van God vir jouself ontdek, die NAAM wat die wêreld laat still staan om jou as jy dit net hoor of daaraan dink.
Die naam wat Sy heerlikheid en almagtigheid, Sy liefde en beskerming en Sy genade en waarheid uitskreeu in jou binneste, ‘n naam wat Hom ‘n werklikheid vir jou maak…
Kyk hoe die mense in die Bybel die Naam van God deel van hulle gemaak het:
…wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken, om U te vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat u Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.
(1 Konings 8:43).
… o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele. Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak. As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het— wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld, die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!
(Psalms 8:1-10).
En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!
(Psalms 9:11).
Daarom sal Ek dank U, o HERE, onder die nasies, en psalmsing tot eer van u naam,
(Psalms 18:49).
U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.
(Psalms 45:18).
Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote.
(Psalms 52:11).
Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ná dag.
(Psalms 61:9).
… Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.
(Psalms 75:2).
Mag jy God in jou daaglikse lewe so ontdek en Hom toelaat om meer en meer deel van jou te word …
Heilig en Almagtige Vader,
Heerlike en wonderlik is U Naam!
God, ek het U nodig
Maak oop my oë, my ore, my gedagtes, my hart
Sodat ek mag weet, verstaan en begryp
Dat ek meer en meer van U kan sien en hoor
Kom openbaar Uself aan my daagliks
Wees vir my ‘n tasbare God
‘n God wat vir my eg is …
Wees my God en Verlosser vandag
Ek bid in Jesus Naam.
Amen