Gebed van Heelmaking en beskerming


Here God U is die Lewegewer wat alles heelmaak wat gebroke, verwoes en vernietig is. Ek dank U daarvoor en vra in Jesus Naam dat U nou ‘n beskutting rondom my sal plaas wat my sal beskerm teen enige verder aanvalle vanaf die vyand.

Ek vra ook dat U sal kom herstel dit wat vernietig is met die kragtige bloed van Jesus. Ek bestraf ook alle magte wat teen my inwerk en beveel dit om te gaan en nie verder in my lewe in te meng nie. Ek behoort aan God en geen mag of krag het reg in my lewe nie.

Ek vra Vader dat U nou u engele sal stuur om my in te kokon en dat die lig van u heerlikheid op my sal skyn sodat geen donker magte my verder sal teister nie.

Ek vra U ook Heilige Gees om my oë en ore te open om alles te sien en te hoor wat u aan my wil openbaar en dat my gees, siel en liggaam alles wat u vir my gee en aan my openbaar sal ontvang. Maak onduidelikhede duidelik en help my ook om op U te vertrou in alle omstandighede.

Ek eer U en loof U Vader en sê dankie vir U goedheid teenoor my.
In Jesus naam, amen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s