SELFOON BYBELS


Nuwe weergawe van hierdie inligting is hier beskikbaar

You Version

Hierdie is volgens my die beste keuse sagteware vir “smart-phones”; Want dit is gratis en het ‘n groot verskeidenheid Bybels in ‘n hele klomp tale soos Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Duits ens. beskikbaar.

Hierdie is ‘n “Web gebaseerde” program en internet toegang word benodig… tog kan meeste van hierdie Bybels ook afgelaai word en op jou selfoon gestoor word. Sodra ‘n Bybel op die foon gestoor is kan die Bybel sonder internet toegang gebruik word. Al die Bybels is verniet. Die nuutste weergawe van die program het wel stadiger geword, maar is baie eenvoudig en funksioneel.

Die youversion program moet eers installeer word en daarna kan die ander Bybelvertalings afgelaai word. Die van julle met Android, Java, Palm OS, Blackberries, Windows mobile en Apple iPhone of iPad kan sommer hier kliek om die youversion program te installeer.

Kliek dan hier om te sien hoe om die Afrikaansevertalings te installeer.

 

Olivetree

Afrikaans BibleReader 1983 van Olivetree kan maklik afgelaai word, maar sal jou ongeveer $10.00 kos… Daar is ‘n hele klomp Bybels en ander boeke wat verniet afgelaai kan word.
Hierdie is ook ‘n baie goeie program en is beskikbaar vir die volgende platforms:

  • Android
  • BlackBerry (met kaart)
  • iPad
  • iPhone
  • Palm OS 5.x
  • Symbian Series 60 v1
  • Symbian Series 60 v2
  • Symbian Series 60 v3
  • Symbian Series 60 v5
  • Symbian Series 80 v2
  • Symbian UIQ 2.x
  • Symbian UIQ 3.x
  • Windows Mobile Professional/Pocket PC
  • Windows Mobile Standard/Smartphone

Cellphone Bibles

Ander Selfone

Selfoon Bybels is ook vir die nie so “smart” selfone beskikbaar in Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu. Dit kan sommer vanaf jou foon afgelaai word by die Bybelgenootskap van Suid Afrika (http://m.bibles.co.za).

 

Die volgende vertalings is tans beskikbaar:

  • Afrikaans 1933/53;
  • Afrikaans 1983-vertaling;
  • Afrikaans Die Bybel vir Almal;
  • Engels King James Version;
  • Noord-Sotho 1951-vertaling;
  • Suid-Sotho 1909-vertaling;
  • Tswana 1908-vertaling;
  • Tswana 1970 hersiene vertaling;
  • Xhosa 1975-weergawe;
  • Xhosa 1996-vertaling;
  • Zulu 1893-vertaling;
  • Zulu 1959-vertaling;
  • Nuwe Testament en Psalms 1986-vertaling.

Vir meer inligting gaan na die Selfoonbybelhandleiding.

 

Ander webblaaie waar selfoon-Bybels ook afgelaai kan word is:

Meer inligting oor die Bybel kan ook by Blue letter Bible gevind word! (Nie in Afrikaans nie). Blue letter Bible het nou ook ‘n “Bible App” vir iPad en iPhone beskikbaar.

 


 

39 gedagtes oor “SELFOON BYBELS”

  1. Hallo Anna, stuur asb vir my ń bitjie meer inligting ivm die program wat jy gehad het en dan kan ek kyk of ek daardie selfde sagteware kan opspoor.

    Like

  2. Ek het n wonderlike tub gehad volledige afrikaanse vertaling 1933/53 waar ek n woord of vers kon gaan soek en gou opspoor. Met Youversion kan ek dit nie doen nie en my smart foon erken nie die formaat van die ander een nie. Voel so verlore sonder hom. SOEK DAAI DAAI EEN TERUG OOK VIR SMART FOON. GROOT ASB!!!!!!

    Like

  3. Goeie more ek is beesig om alles te verloor wat vir my moet gegee het vir die lewe. My pleegsorg famielie het my AF geskryf net na matriek 2012. Ek het toe my voete gevind op moeilike maniere waar op ek glad ni op trots kan wees ni. Sedert gaan my lewe net agter uit. Niks maak meer sin nie. Ek het my Werk verloor deur verkeurde besluite wat ek geneem het laas week. My voertuig is vanogend gesteul en ek moet uit die myn se behuising! Waar begin ek vir hulp te vra ek kan ni op straat gaan ni. Ek is n blanke man van 20 jaar oud. Ek smeek om hulp. My kontak nommer is 062 143 4310 ek is in Koffiefontein Frystaat. ASB ek her help noodig ek het niks meer om voor te lewe ni

    Like

  4. Lekker om die bybel saam jou te dra op jou foon lekker grieflik. Dankie

    Like

  5. Ek is 64 en sukkel om bid Bybel in Afr op my Nokia 625(of so iets,nie seker van die nr)….ek kry dit nie reg nie,ek MIS my Bybel wat ek gratis kon aflaai n paar jaar gelede ok my BB. Ek het nou n nuwe foon en ek kry dit net nie AF gelaai nie. Enige raad vir die ou gryskop? Dankie. Xx

    Like

  6. Daar is geen bybel beskikbaar vir mense met blackberry 10 selfone nie dit is die Z3,Z10,Z30,Q5, Q10 ens

    Like

  7. Wil graag die afrikaanse bybel op my goon aflaai,gaan dit werk op die Nokia lumia 610

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s