Nuwe weergawe van hierdie inligting is hier beskikbaar
Hierdie is volgens my die beste keuse sagteware vir “smart-phones”; Want dit is gratis en het ‘n groot verskeidenheid Bybels in ‘n hele klomp tale soos Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Duits ens. beskikbaar.
Hierdie is ‘n “Web gebaseerde” program en internet toegang word benodig… tog kan meeste van hierdie Bybels ook afgelaai word en op jou selfoon gestoor word. Sodra ‘n Bybel op die foon gestoor is kan die Bybel sonder internet toegang gebruik word. Al die Bybels is verniet. Die nuutste weergawe van die program het wel stadiger geword, maar is baie eenvoudig en funksioneel.
Die youversion program moet eers installeer word en daarna kan die ander Bybelvertalings afgelaai word. Die van julle met Android, Java, Palm OS, Blackberries, Windows mobile en Apple iPhone of iPad kan sommer hier kliek om die youversion program te installeer.
Kliek dan hier om te sien hoe om die Afrikaansevertalings te installeer.
Afrikaans BibleReader 1983 van Olivetree kan maklik afgelaai word, maar sal jou ongeveer $10.00 kos… Daar is ‘n hele klomp Bybels en ander boeke wat verniet afgelaai kan word.
Hierdie is ook ‘n baie goeie program en is beskikbaar vir die volgende platforms:
- Android
- BlackBerry (met kaart)
- iPad
- iPhone
- Palm OS 5.x
- Symbian Series 60 v1
- Symbian Series 60 v2
- Symbian Series 60 v3
- Symbian Series 60 v5
- Symbian Series 80 v2
- Symbian UIQ 2.x
- Symbian UIQ 3.x
- Windows Mobile Professional/Pocket PC
- Windows Mobile Standard/Smartphone
Ander Selfone
Selfoon Bybels is ook vir die nie so “smart” selfone beskikbaar in Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu. Dit kan sommer vanaf jou foon afgelaai word by die Bybelgenootskap van Suid Afrika (http://m.bibles.co.za).
Die volgende vertalings is tans beskikbaar:
- Afrikaans 1933/53;
- Afrikaans 1983-vertaling;
- Afrikaans Die Bybel vir Almal;
- Engels King James Version;
- Noord-Sotho 1951-vertaling;
- Suid-Sotho 1909-vertaling;
- Tswana 1908-vertaling;
- Tswana 1970 hersiene vertaling;
- Xhosa 1975-weergawe;
- Xhosa 1996-vertaling;
- Zulu 1893-vertaling;
- Zulu 1959-vertaling;
- Nuwe Testament en Psalms 1986-vertaling.
Vir meer inligting gaan na die Selfoonbybelhandleiding.
Ander webblaaie waar selfoon-Bybels ook afgelaai kan word is:
- Go Bible (Werk baie goed op java platform)
- Get Jar
- Bible Phone
- Wordproject Mobile versions
Meer inligting oor die Bybel kan ook by Blue letter Bible gevind word! (Nie in Afrikaans nie). Blue letter Bible het nou ook ‘n “Bible App” vir iPad en iPhone beskikbaar.
Thomas, Ek loop melself elke keer teen ‘n muur vas en gebruik noumaar my rekenaar om die terugvoer te gee. Ek kon wel die “Holy Bible” app gelaai het, maar al die sites vir die afr weergawe is nie beskikbaar nie
LikeLike
Gebruik hierdie link:
http://www.crosswire.org/sword/modules/ModInfo.jsp?modName=Afr1953
LikeLike
Hallo Renier, die youversion app is beskikbaar vir windows fone. Ek het nog nie hierde weergawe getoets nie, maar weet dat youversion ‘n paar Afrikaanse vertalings het.
LikeLike
Ek soek afrikaanse bybel op nikua lumia reeks , kan iemand help asb
LikeLike
Hallo Nadia, watter foon het jy?
Laat weet en dan kan ek kyk watter sagteware kan vir jou werk.
LikeLike
wil graag selfoon bybel op my foon laai,maar weet nie hoe nie.
LikeLike
Ek het ‘n Nokia Lumia 620. Is daar ‘n Bybel vir hierdie foon beskikbaar?
LikeLike
Hallo Anne-Marié,
Gaan na https://www.bible.com/mobile met jou selfoon en registreer as ‘n youversion gebruiker. Daarna kan jy die youversion program op jou S3 aflaai.
Die oudio van ‘n paar van die Bybels, insluitende die 1983 Afrikaanse vertaling, is ook op You Version beskikbaar.
Om die Afrkikaanse Bybel weergawes te installeer:
LikeLike
Ek wil so graag die Boodskap Bybel op my selfoon aflaai. Ek het ‘n Samsung S3. Hoe doen ek dit?
LikeLike
Hi J, ek weet ongelukig nie van ‘n 1933 vertaling vir selfone nie…
LikeLike
Opsoek na 1933 vertaling
LikeLike
God is goed.
LikeLike
DANKIE DIS SPAAR SAAM WANT ELKE KEER MOET JY BYBEL LEES OF IEMAND OP STRAAT BEMOEDIG
LikeLike
Hallo Martino,
Ek kan slegs die Afrikaanse 1953 Vertaling vir Esword stuur, is dit wat jy soek?
LikeLike
Stuur my die bybel
LikeLike
Hallo Bernard,
Watter program wil jy oor uitvind?
Ek het nie die spesifikasies vir die Nokia C3 nie…
Laat weet en ek vind vir jou uit
LikeLike
werk dit op nokia c3?
LikeLike
X hou van die bybel
LikeLike
Ja ek stem saam, spaar geld en lees die Bybel oral waar jy gaan…
LikeLike
ja, ek het een op my “nie so smart” foon. Dit het al baie handig te pas gekom, veral as ons iewers heen moet gaan en mamma moet jaag om als klaar te kry. Dan kan ek rustig in die kar my Bybel sit en lees op die selfoon. Ook oulik vir soveel mense wat dalk ‘n selfoon het, maar nie ‘n Bybel nie omdat die geld maar skraps is.
LikeLike