BYBEL OP JOU REKENAAR


NUWE WEERGAWE VAN HIERDIE INLIGTING IS HIER BESKIKBAAR

Daar is baie inligting oor die Bybel op die internet beskikbaar en jy kan die Bybel op jou eie rekenaar aflaai. Ek sal ‘n paar programme en webblaaie voorstel.

E-SWORD

Hierdie is seker die mees eenvoudigste en maklikste program om te gebruik. Vir die van julle wat op Windows werk is die program gratis – gaan na E-sword om die  program af te laai. Installeer eers die (.exe) program en herstart jou rekenaar. Bybel vertalings, Woordeboeke, Kommentare ens. kan sommer vanuit E-sword self afgelaai en installeer word, kliek net op ‘download’ in die boonste menu. Dus benodig jy eers net die e-sword program. Daar is verskillende vertalings in ‘n hele paar tale beskikbaar – ook Die Ou Afrikaanse vertaling (AOV)… Laai dus af wat jy benodig…

As jy ‘n apple mac het moet die E-sword program hier ( e-sword.net/mac ) afgelaai word…of by apple apps store. Die program moet aangekoop word teen ‘n bedrag van $10. Bybel vertalings, Woordeboeke, Kommentare ens. kan dan ook vanuit E-sword X self afgelaai en installeer word, kliek net op ‘download’ in die boonste menu.

Die Nuwe Afrikaanse Bybel (ANV) is nie gratis nie, maar kan teen ‘n koste van $4.99 tot $10.00 installeer word (prys hang af van jou sagteware platvorm).

Baie mense het laat weet dat hul nie die ANV kan aflaai nie, indien jy ook daarmee sukkel, kontak my gerus.

Kliek hier om te sien hoe meer Bybels, Kommentare, Woordeboeke, Dagstukkies ens. in e-sword installeer kan word.

E-sword kan ook redelik goed op Linux werk met ‘n bietjie moeite. Volg hierdie stappe om e-sword op Ubuntu te installeer.

‎YOUVERSION

Hierdie program kan slegs op Windows 8 en 10 installeer word. Dit is gratis en het ‘n groot verskeidenheid Bybels in ‘n hele klomp tale soos Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Duits ens. beskikbaar.

 

BIBLETIME

Dis nou vir die van julle wat op Linux of Mac werk. Daar is ook baie goed om af te laai soos Bybels, Boeke, Kommentare ens. in Afrikaans, Zulu, Engels en ander tale.

BibleTime is nie meer in die “Ubuntu Software Center” beskikbaar nie, maar kan nog steeds installeer word deur die “terminal”. Om die “terminal” oop te maak: Ctrl + Alt + t.

Tik die volgende na die $ in: sudo apt-get install bibletime
Tik dan jou ubuntu wagwoord in, onthou dat jou wagwoord nie vertoon word as jy dit in tik nie. Volg dan die instruksies en tik ‘y’ om te installeer.

 


38 gedagtes oor “BYBEL OP JOU REKENAAR”

  1. Hi. Ek wil graag Die Bybel op my tablet aflaai, maar hoe doen ek dit?
    🙂

    Like

  2. Hi Daniel,

    Esword werk goed op enige windows.
    Ek sal voorstel dat jy dit op jou rekenaar installeer.

    Kontak my gerus as jy hulp nodig het.

    Like

  3. Baie dankie, het Die Bybel vir julle ge e-mail.
    Hoop dit vind aanklank en word baie gebruik.
    Ek geniet my Bybel veral die soek gedeelte.

    Like

  4. Hi Chris,
    Laat weet as jy nie my epos ontvang het nie.
    Ek wil nie hê dat epos adresse openlik op die blog gedeel word nie. Wil graag mense se privaatheid beskerm…

    Like

  5. Hi Paul,

    Stuur my ‘n email dan stuur ek Die Bybel vir tou aan.
    Groete

    Chris

    Like

  6. Hi Chris. Ek stel baie belang in jou Excel weergawe van Die Bybel. Hoe kan ek hom in die hande kry? Ek vul my besonderhede hieronder in.

    Paul

    Like

  7. Hi Thomas, is daar ‘n manier wat ek die Bybel vir jou kan oplaai of e-mail

    Like

  8. Hallo Thomas,
    Ek het die afrikaanse Bybel(Ou vertaling) op excel gesit, met teks soek funksie ens.
    As iemand belangstel in die weergawe van die Bybel, kan hulle my gerus kontak.
    Is die moontlik om die Bybel op jou webtuiste te plaas, dan kan diegene wat dit wil aflaai, dit self doen.

    Like

  9. Hallo Etienne,
    E-sword is ‘n voledige Afrikaanse Bybelprogram. Nadat jy die program afgelaai het kan jy die taal opsies verander na Afrikaans en jy kan die Afrikaanse vertalings installeer.
    Dus verander ook die program opdragte na Afrikaans!

    Like

  10. Hi weet enige een van julle van Afrikaanse Bybel programme wat mens gratis kan aflaai op jou rekenaar?

    Like

  11. Hallo Rita,

    Met die nuutse program laai jy die ekstra Bybels, boeke en kommentare af in die e-sword program. Maak die Bybel program (e-Sword) oop en gaan dan na die download menu links bo om die ander Bybels en boeke te installeer.

    Like

  12. Geen een van die links op die bladsy werk nie. ek was so opgewonde om die bybel op my rekenaar af te laai. Nadat ek die Donasie gemaak het en die program afgelaai het kan ek niks van die links hier in die middel oopmaak nie.

    Like

  13. ‘n Baie lekker “tool” is http://www.bybel.co.za. As ek ‘n vers of ‘n sin soek en die presiese plek moet kry, help hulle my gou. Die bybelgenootskap, wie se webblad dit is, gee ook ‘n dagstukkie uit per epos vir mense wat so iets soek.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s