BYBEL OP JOU REKENAAR


NUWE WEERGAWE VAN HIERDIE INLIGTING IS HIER BESKIKBAAR

Daar is baie inligting oor die Bybel op die internet beskikbaar en jy kan die Bybel op jou eie rekenaar aflaai. Ek sal ‘n paar programme en webblaaie voorstel.

E-SWORD

Hierdie is seker die mees eenvoudigste en maklikste program om te gebruik. Vir die van julle wat op Windows werk is die program gratis – gaan na E-sword om die  program af te laai. Installeer eers die (.exe) program en herstart jou rekenaar. Bybel vertalings, Woordeboeke, Kommentare ens. kan sommer vanuit E-sword self afgelaai en installeer word, kliek net op ‘download’ in die boonste menu. Dus benodig jy eers net die e-sword program. Daar is verskillende vertalings in ‘n hele paar tale beskikbaar – ook Die Ou Afrikaanse vertaling (AOV)… Laai dus af wat jy benodig…

As jy ‘n apple mac het moet die E-sword program hier ( e-sword.net/mac ) afgelaai word…of by apple apps store. Die program moet aangekoop word teen ‘n bedrag van $10. Bybel vertalings, Woordeboeke, Kommentare ens. kan dan ook vanuit E-sword X self afgelaai en installeer word, kliek net op ‘download’ in die boonste menu.

Die Nuwe Afrikaanse Bybel (ANV) is nie gratis nie, maar kan teen ‘n koste van $4.99 tot $10.00 installeer word (prys hang af van jou sagteware platvorm).

Baie mense het laat weet dat hul nie die ANV kan aflaai nie, indien jy ook daarmee sukkel, kontak my gerus.

Kliek hier om te sien hoe meer Bybels, Kommentare, Woordeboeke, Dagstukkies ens. in e-sword installeer kan word.

E-sword kan ook redelik goed op Linux werk met ‘n bietjie moeite. Volg hierdie stappe om e-sword op Ubuntu te installeer.

‎YOUVERSION

Hierdie program kan slegs op Windows 8 en 10 installeer word. Dit is gratis en het ‘n groot verskeidenheid Bybels in ‘n hele klomp tale soos Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Duits ens. beskikbaar.

 

BIBLETIME

Dis nou vir die van julle wat op Linux of Mac werk. Daar is ook baie goed om af te laai soos Bybels, Boeke, Kommentare ens. in Afrikaans, Zulu, Engels en ander tale.

BibleTime is nie meer in die “Ubuntu Software Center” beskikbaar nie, maar kan nog steeds installeer word deur die “terminal”. Om die “terminal” oop te maak: Ctrl + Alt + t.

Tik die volgende na die $ in: sudo apt-get install bibletime
Tik dan jou ubuntu wagwoord in, onthou dat jou wagwoord nie vertoon word as jy dit in tik nie. Volg dan die instruksies en tik ‘y’ om te installeer.

 


38 gedagtes oor “BYBEL OP JOU REKENAAR”

  1. Kan iemand my help om die 83 vertaling af re laai op E-sword, Ek weet moet dit koop, maar kry nie die hoenie asb

    Like

  2. Hallo Johanna.
    Die Nuwe vertaling (Afrikaans ’83) wil nie gratis download by e-sword nie. Wat moet ek doen?

    JB Lourens

    Like

  3. hoe kry ek di afrikaanse audio bybel op my rekenaar of selfoon afgelaai. sukkel regtig daarmee

    Like

  4. Hello Chris. Is dit moontlik dat jy die excel bybel vir my kan e-pos, ek het probeer om dit hier te download. maar kry die boodskap ek is op n onveilige plek vir hackers
    sal dit waardeer wil dit op my tablet laai.

    Like

  5. Hallo Louisa,
    Die e-sword program het die Engelse vertaling as jy dit installeer. Om die Afrikaanse 53 vertaling af te laai moet jy gekoppel wees met die internet.

    Maak eers die e-sword program oop…
    Kliek dan op “Download” en dan “Bibles”

    Die Module installeerder maak dan oop.

    Vir Afrikaanse-Bybels ‘scroll’ tot bo want die installeerder maak altyd by Engels oop.

    Die AOV – Afrikaanse Ou Vertaling 1933-1953 kan gratis installeer word.

    Kliek op “Afrikaanse Ou Vertaling” om dit af te laai en te installeer.

    Die module(s) wat besig is om af te laai verskyn dan in die onderste blok van die Module installeerder.

    Kliek links bo op “Downloads – Start” om die aflaai funksie te aktiveer.

    As die module(s) klaar af gelaai het sal die onderste venster leeg wees.
    Kliek op “File” en dan “Exit”

    Like

  6. Ek sukkel regtig om die afrikaanse bybel afgelaai te kry. Ek vra die afrikaanse weergawe aan en wanneer dit by die aflaai kom dan word die engelse een vir my gegee. Dan probeer ek weer en steeds word dit vir my gese dit kan nie gedoen word nie. Nee regtig dit is die 3DE android foon en nog steeds niks nie. Voor android het ek nooit gesukkel nie. Ek weet hoe die aflaai gedoen word. Maar nee hulle steek vas by die engelse weergawe. Wat verstaan hierdie mense wat agter alles sit dan nie. Nee kyk die antichris is so in beheer van hierdie fone, julle kan my niks vertel nie. Engels word op jou afgeforseer en dan word die nuutste bybel ook nog op mens afgesmeer waar alle veranderings in plaasvind. Ek soek afrikaans 34/53 vertaling en niks anders nie. Ek is regtig teleurgesteld hierin, want dit is glad nie use friendly nie.

    Like

  7. Hi Chris, ek will ook graag die Bybel he, sal jy dit vir my ook aanstuur na my epos adres?

    Like

  8. Hi Thomas. Kan jy vir my die Excel
    Bybel ou vertaling email asb. As ek dit self wil aflaai sê hul dit is nie veilig nie.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s