Installeer meer Bybels, Kommentare ens. in e-sword


Jy moet gekoppel wees met die internet om die verskillende modules te installeer.

Daar is Bybels, Kommentare, Woordeboeke, Dagstukkies ens. om af te laai.

Maak eers die e-sword program oop…
Kliek dan op "Download" en dan "Bibles"

Die Module installeerder maak dan oop en lyk so:

Vir Afrikaanse-Bybels ‘scroll’ tot bo want die installeerder maak altyd by Engels oop.

Die AOV – Afrikaanse Ou Vertaling 1933-1953 kan gratis installeer word.

Die ANV – Afrikaanse Nuwe Vertaling 1975-1983 kan teen $5 installeer word.

Kliek op “Afrikaanse Ou Vertaling” om dit af te laai en te installeer.

Die module(s) wat besig is om af te laai verskyn dan in die onderste blok van die Module installeerder.

Indien die modules wat jy gekies het nie aflaai nie, kliek links bo op “Downloads – Start” om die aflaai funksie te aktiveer.

As die module(s) klaar af gelaai het sal die onderste venster leeg wees.
Kliek op "File" en dan "Exit"

 


 

25 gedagtes oor “Installeer meer Bybels, Kommentare ens. in e-sword”

  1. Hi Thomas ek sit met dieselfde probleem as ander persone. Ek kry nie die nuwe vertaling van die Afrikaanse Bybel afgelaai want vra ook vir my vir ‘n product key. Dit is ook nie beskikbaar op eStudySource.com nie. Ek sal dit waardeer as jy my behulpsaam kan wees. Ek het wel die ou vertaling op my esword.

    Like

  2. Retha daar is ń kopiereg probleem met die nuutste e-sword. Daarom gee die Afrikaanse vertslings probleme. Ek sal gaan kyk en vir jou epos.

    Like

  3. Die Afrikaanse Ou vertaling het net weggeraak van my e-sword af en ek kry hom nie afgelaai soos wat dit hierbo wys nie. Let wel, ek het hom so afgelaai en hy was op my rekenaar, maar is nou weg.

    Like

  4. Ek soek ook na ‘n webwerf waar ek die 1983 vertaling kan aankoop sodat ek dit op e-sword kan gebruik

    Like

  5. Hallo Carel

    Watter Bybel soek jy en waarop wil jy dit lees – jou foon of rekenaar?
    Laat weet ook vir watter sagteware dit is, soos bv. Windows, Android ens.

    Like

  6. Thomas, die Afrikaanse 83 vertaling verskyn nie op die lys van Bybels by eStudySource nie. Onder “Bibles” is net Engelse Bybels. Hoe nou?

    Like

  7. Hi, ek volg presies die stappe soos hierbo uiteengesit om die nuwe Afrkaanse vertaling by e-sword af te laai. As ek daarop kliek om dit aan te koop dan sê hulle ek moet dit by die verskaffer eers aankoop en dan die “product key” wat hulle vir my gee in tik en dan sal dit aflaai. Nou waar koop ek die Bybel aan sodat ek die “product key” kry? Verstaan nie mooi nie.

    Like

  8. Hi, weet iemand dalk of daar aan n Boodskap vertaling gewerk word vir E-sword? Dankie

    Like

  9. John Cloete: Hallo ek sit ook in die probleem ek wil ook die ou vertaling aflaai maar kom nie reg nie.

    Like

  10. Ek het dieselfde probleem as Faan. Ek gebruik Vista 7. nie die Ou Afrikaanse Bybel of enige kommentare laai af nie.

    Like

  11. Hi, ek probeer die Ou Afr Vertaling aslaai maat dit wil glad nie. Kan jy asb help?

    Like

  12. Hi Alta,
    Watter “operating system” gebruik jy?
    Jy moet e-Sword oop maak dan sal die Bybel vertalings in die derde ry van bo sigbaar wees

    Like

  13. As ek al die stappe klaar gevolg het waar gaan soek ek vir die bybel. Dit is nie op my desktop of onder my documents.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s