Jy moet gekoppel wees met die internet om die verskillende modules te installeer.
Daar is Bybels, Kommentare, Woordeboeke, Dagstukkies ens. om af te laai.
Maak eers die e-sword program oop…
Kliek dan op "Download" en dan "Bibles"
Die Module installeerder maak dan oop en lyk so:
Vir Afrikaanse-Bybels ‘scroll’ tot bo want die installeerder maak altyd by Engels oop.
Die AOV – Afrikaanse Ou Vertaling 1933-1953 kan gratis installeer word.
Die ANV – Afrikaanse Nuwe Vertaling 1975-1983 kan teen $5 installeer word.
Kliek op “Afrikaanse Ou Vertaling” om dit af te laai en te installeer.
Die module(s) wat besig is om af te laai verskyn dan in die onderste blok van die Module installeerder.
Indien die modules wat jy gekies het nie aflaai nie, kliek links bo op “Downloads – Start” om die aflaai funksie te aktiveer.
As die module(s) klaar af gelaai het sal die onderste venster leeg wees.
Kliek op "File" en dan "Exit"
Hallo Andre, Ek kan die anv vir jou aanstuur per epos. La
LikeLike
Hi, Het enige iemand die BBLX file vir ANV gekry?
LikeLike
Ek sal kyk wat ek vir jou kan doen.
LikeLike
Ek het alles probeer om the Afrikaanse nuwe vertaling op e-sword to kry (en het selfs e-sword en eStudySource.comj gekontak). Indien iemand net die BBLX file kan beskikbaar stel kan mens dit installeer.
LikeLike