MARIETTE DREYER: ONS GROET ‘N WONDERLIKE VROU, MA, OUMA, SUSTER, VRIENDIN EN KOLLEGA


Mooiste  eg paartjie Toe word sy 60! DSC_8926 Haar Familie Ma en Dogter Ma en Dogters Ma en Kinders Drie Susters My Liewe Man
Ma en Sarah

Op jou 17de verjaarsdag het ons mekaar ontmoet. Ek was dadelik smoor verlief. 4 jaar later het ons getrou en na 46 jaar was ons steeds verlief soos studente.
Dit was ‘n voorreg om my lewe met jou te deel, ‘n voorreg waarvoor ek God dank.
Liefde jou Man.

My ma en beste vriendin, hoe skielik is ma weg! Ek kan dit amper nie glo nie! Ek kan net bid dat ek so ń goeie ma vir Anja sal wees soos wat ma vir my was. Ons gaan Ma vreeslik baie mis, Anja vra alreeds waar ouma Mariëtta is!
Ek is baie lief vir ma, en wens ek kon ma nog net een keer vashou en sê ek is lief vir ma, Hanri.

Ma het altyd vir my gesê:
Hy sal vir jou ń Vader wees en jy vir Hom ń seun… en tog weet ek ook dat Hy vir Ma ń Vader is en Ma vir Hom ń Dogter… Dankie Ma dat Ma die wonderlikste ma in die lewe vir my was… wonderlikste vir Sarah ook.
Ek gaan Ma baie mis.
Liefde Tom

I thank God for He has blessed me with an awesome mother in-law for the past four years. I truly count myself the most blessed of all daughters in law. We will miss her but will also cherish her memory and will continue to celebrate all the goodness and love she has spread into the lives of others.
“Precious in the sight of the Lord is the death of His saints” (Psalm 116:15).
Love Sarah.

My liefste sussie Jy was by toe my lewe begin het en toe is ek te laat toe jou lewe eindig om dankie te se en vir jou n drukkie te gee. Ek onthou duideliker as alles jou hande. Sagte hande wat kon troos en dokter en tog ook so kon raakvat. Daar is ‘n skat van onthou-stories wat my deur baie donker dae sal dra. Die kosbaarste daarvan is ons om die tafel gesprekke in Potch oor geloof en ‘n dieper ervaring van God. Daan het oomblikke na jou dood ‘n troos-skrif gekry: Lukas 13:12. (In Engels) ” Woman, you are loosed from your infirmity”. Sus, God het jou nie net verlos van die aaklige pyn wat jy verduur het nie. Hy het jou kom haal sodat jy nooit weer enige seer of smart sal ervaar nie. En ons wat nog hier bly is dankbaar dat ons nie n veraf onbewoe God dien nie maar n Vader wat ons broosheid met Sy allesdeurdringende krag omvou. Tot ons mekaar weer sien…. Christine.

* * *

One thought on “MARIETTE DREYER: ONS GROET ‘N WONDERLIKE VROU, MA, OUMA, SUSTER, VRIENDIN EN KOLLEGA”

  1. Wat ‘n mooi huldeblyk aan ‘n pragtige mens. Met liefde, deernis en respek het sy ons almal behandel. Nugtere denke, ‘n praktiese sin vir humor en die vermoë om vas te byt en aan te gaan in baie seer tye is eienskappe wat my geïnspireer het. Haar liefde vir God en Hans en haar kinders was in elke gesprek tasbaar aanwesig.
    Ons harte huil saam.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s