Ewigheidsvisie



Het jy ‘n ewigheidsvisie en verstaan jy die belangrikheid daarvan?

Daar was ‘n man gewees wat sy ewigheidsvisie verloor het. Hy was lid gewees van ‘n span wat na lande wat deur hongersnood en natuurrampe geteister was gaan bedien het. Hy het daar gesien hoe ‘n ma God smeek om haar en haar kind te red, maar hulle was reeds te swak gewees weens die hongersnood. Nadat hulle gesterf het, het hy begin twyfel aan God se ewigheidsplan. Kort daarna het hy geskryf dat hy nie meer kan glo en vertrou op ‘n God wat nie ingryp wanneer ‘n ma Hom smeek vir haar kind nie.

Ja, dit is verseker tragiese gebeure, maar waar staan God? Kyk Hy maar net toe hoe die mensdom ly en swaarkry? NEE! God het ‘n ewigheidsvisie.

So sal my woorde wees wat uit my mond kom, dit sal doen wat Ek wil hê. My woorde sal doen wat Ek gesê het hulle moet doen, my woorde sal nie leeg na My toe terugkom nie (Jesaja 55:11).

 

God dink en doen ver bo wat die mens kan dink en doen, dit kan vergelyk word met hoe ver die hemel bo die aarde is (Jesaja 55:9).

 

Woorde kan mense laat sterf of dit kan mense laat lewe. As jy baie praat, dan kan daar goeie of slegte dinge met jou gebeur (Spreuke 18:21).

Ons moet vasklou aan ons ewigheidsvisie en ons woorde moet daardie visie beskryf in plaas daarvan om die slegte en negatiewe situasies en ervaringe te beskryf. Ons moet dus ons woorde gebruik om ons ervaringe en situasies te verander tot iets goed. Ons moet onthou dat ons woorde skeppings mag het en ons dus die oplossings en antwoorde tot alles moet spreek.

Ewigheidsvisie beteken dus om lewe, seën, vervulling, oplossing ens. te sien en te spreek soos ‘n profeet van God (1 Petrus 2:9).

Ons moet ook kort kort herinner word aan God se ewigheidsvisie om ook ons eie visie te verewig:

Ek weet een ding is seker: My losser lewe en Hy sal wen op hierdie aarde. Ek het nie meer vel oor my liggaam nie, maar ek sal vir God sien terwyl ek nog lewe (Job 19:25-26).

 

Baie mense wat nou in hulle grafte slaap, sal wakker word. Party mense sal altyd lewe, en God sal party mense vir altyd verneder (Daniël 12:2).

 

Julle moenie verbaas wees hieroor nie. Daar sal ‘n tyd kom wanneer almal wat nou klaar dood is en in hulle grafte lê, sal hoor dat die Seun hulle roep. Almal wat reg gelewe het, sal uitkom uit hulle grafte. Hulle sal weer begin lewe sodat hulle die ewige lewe kan kry. Almal wat sleg gelewe het, sal weer begin lewe sodat die Seun hulle kan oordeel (Johannes 5:28-29).

 

Vriende, ons is nou kinders van God. Ons weet nog nie presies hoe wonderlik ons eendag sal wees nie, maar ons weet dit: Wanneer Jesus kom, dan sal ons wees soos Hy, want ons sal Hom sien soos Hy regtig is (1 Johannes 3:2).

 

Ja, ek sê dit weer: As die mense wat gesterf het, nie weer sal lewe nie, dan het God ook nie vir Christus weer laat lewe nie. En as God nie vir Christus weer laat lewe het nie, dan beteken julle geloof niks, dan is julle nog nie vry van julle sondes nie. Dan het die mense wat aan Christus behoort het en gesterf het, verlore gegaan. As ons hoop dat Christus ons red net vir hierdie lewe op die aarde, dan moet al die mense baie jammer wees vir ons. Maar nee, God het vir Christus weer laat lewe, dit is seker. Christus is die eerste Een van almal wat gesterf het, en God het Hom weer laat lewe. ‘n Mens, Adam, het gesterf, en van toe af het almal in die wêreld gesterf. Maar nou het God ‘n ander Mens, Christus, weer laat lewe, en daarom sal al die gelowiges wat gesterf het, ook weer lewe. Ons is almal die nageslag van Adam, daarom sterf ons almal. Maar ons behoort ook aan Christus, en daarom sal God ons ook almal weer laat lewe (1 Korintiërs 15:16-22).

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s