SELFOON BYBELS


Baie, indien nie meeste, mense lees deesdae Bybel op hul fone. Daar is dus hordes sagteware beskikbaar waar die Afrikaanse Bybels ook gelees kan word. Ek sal ‘n paar voorstelle maak.

You Version

Hierdie is volgens my die beste keuse Toep (App) vir slimfone; Want dit is gratis en het ‘n groot verskeidenheid Bybels in ‘n hele klomp tale soos Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Duits ens. beskikbaar.

Hierdie is ‘n “Web gebaseerde” program en internet toegang word benodig… tog kan meeste van hierdie Bybels ook afgelaai word en op jou selfoon gestoor word. Sodra ‘n Bybel op die foon gestoor is kan die Bybel sonder internet toegang gebruik word. Al die Bybels is verniet. Die nuutste weergawe van die program is baie eenvoudig en funksioneel.

Die youversion Toep moet eers installeer word en daarna kan die ander Bybelvertalings afgelaai word. Die van julle met Android, Java, Palm OS, Blackberries, Windows mobile en Apple iPhone of iPad kan sommer hier kliek om die youversion Toep te installeer.

Kliek dan hier om te sien hoe om die Afrikaansevertalings te installeer.

My Naslaan Bybel

Hierdie Toep bestaan uit 3 dele wat op ‘n weeklikse basis opgedateer sal word:

  • Deel 1: Waar staan dit in die Bybel – dit wys waar in die Bybel jy sekere gebeurtenisse sal vind.
  • Deel 2: Die padkaart vir die lewe – laat jou toe om sekere Bybel verse na vriende te stuur deur middel van Whatapp.
  • Deel 3: Bybelvasvrae – toets jou Bybelkennis, alle vrae wat verkeer is sal slegs die teks gegee word waar om die korrekte teksvers te kry.

E-sword LT

LTE is ‘n goeie toepassing met soek funksies en konkordansies, maar is slegs vir iPhone en iPad beskikbaar in die Apple App Store. Die program kos R29.99 en die Afrikaanse Bybels wissel van R10 tot R30. Slegs die AOV (Afrikaanse Ou Vertaling) en ANV (Afrikaanse Nuwe Vertaling) is op hierdie toepassing beskikbaar.

PocketSword

PocketSword is ‘n voledige Bybelstudie toepassing met verskillende boeke en Bybels. Die Afrikaanse 1953 Vertaling is ook hierop beskikbaar. Android en iPhone toepassings is beskikbaar.

Die Bybel Toep (App) vir Kinders

Hierdie is ‘n baie interaktiewe manier waarop jong kinders Bybel stories kan lees, luister en sien. ‘n Animasie storieboek toep vir slimfone en tablette. Dit is ook ‘n gratis toep waar die toep eers installeer moet word en dan moet die taal keuse eers gemaak word voordat die afsonderlike stories afgelaai word.

Ons Glo Toep

Baie oulike toepassing met spesifieke doel voor oë, om die Gereformeerde Christen terug te bring tot fundamentele temas in die Bybel, soos genade, geloof ens.

‘n Kooltjie in ‘n vuur gloei die sterkste as dit naby ander kole is in die vuur. Net so het ons mekaar nodig om ons geloof te verwoord en te versterk. Reis dus saam deur van die belangrikste temas van ons Christelike geloof as individu, kleingroepe, gesinne of as kategese-groepe.

25 kerntemas word in die vorm van ‘n Bybelstudie aangebied.

Olivetree

Afrikaans BibleReader 1983 van Olivetree kan maklik afgelaai word, maar sal jou ongeveer $10.00 kos… Daar is ‘n hele klomp Bybels en ander boeke wat verniet afgelaai kan word.
Hierdie is ook ‘n baie goeie program en is beskikbaar vir die volgende platforms:

  • Android
  • BlackBerry (met kaart)
  • iPad
  • iPhone
  • Palm OS 5.x
  • Symbian Series 60 v1
  • Symbian Series 60 v2
  • Symbian Series 60 v3
  • Symbian Series 60 v5
  • Symbian Series 80 v2
  • Symbian UIQ 2.x
  • Symbian UIQ 3.x
  • Windows Mobile Professional/Pocket PC
  • Windows Mobile Standard/Smartphone

Logos Bible Software

Logos Bible is ‘n baie goeie toepassing vir fone, maar daar is nie Afrikaanse Bybels beskikbaar nie. Laai dit af vanaf Google Play Store of Apple app Store.

Bybels vir Ander Selfone

Selfoon Bybels is ook vir die nie so “slim” selfone beskikbaar
in Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu.
Dit kan sommer vanaf jou foon afgelaai word by die Bybelgenootskap van Suid Afrika (http://m.bibles.co.za).

Die volgende vertalings is tans beskikbaar:

  • Afrikaans 1933/53;
  • Afrikaans 1983-vertaling;
  • Afrikaans Die Bybel vir Almal;
  • Engels King James Version;
  • Noord-Sotho 1951-vertaling;
  • Suid-Sotho 1909-vertaling;
  • Tswana 1908-vertaling;
  • Tswana 1970 hersiene vertaling;
  • Xhosa 1975-weergawe;
  • Xhosa 1996-vertaling;
  • Zulu 1893-vertaling;
  • Zulu 1959-vertaling;
  • Nuwe Testament en Psalms 1986-vertaling.

Vir meer inligting gaan na die Selfoonbybelhandleiding.

Ander webblaaie waar selfoon-Bybels ook afgelaai kan word is:

Meer inligting oor die Bybel kan ook by Blue letter Bible gevind word! (Nie in Afrikaans nie). Blue letter Bible het nou ook ‘n “Bible App” vir iPad en iPhone beskikbaar.


3 gedagtes oor “SELFOON BYBELS”

  1. Gaan na app store / play store. Laai die ‘youversion Bible app’ af. Gaan na ‘https://lewegewer.com/2014/03/28/installeer-afrikaanse-bybel-weergawes-op-youversion/’

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s