Bybel of ander boeke…


Wat ons as Christene moet glo en uitleef is dit wat ons in die Bybel lees. Baie mense lees liewer ander boeke wat vertel van die Bybel of wat ‘n sekere bybelseonderwerp verduidelik.

Daar is niks fout met ander boeke of bronne nie, maar ons moet ook die Bybel gereeld lees en goed ken. Jesus het dit duidelik gemaak dat Hy Sy Gees sal stuur om die woord vir ons te kom openbaar.

Die Bybel is eenvoudig genoeg sodat die gemiddelde persoon dit kan verstaan, veral met die hulp van die Heilige Gees. Jesus het ook gesê dat ons na God toe moet kom as kinders.

Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kind ontvang nie, sal dit glad nie binnegaan nie (Markus 10:15).

Hoe ingewikkeld moet die pad na die koninkryk wees as ons soos ‘n kind moet kom? Moet ons Grieks en Hebreeus leer om die Woord van God akkuraat te hanteer? NEE!, Ons kan vertrou dat die Heilige Gees ons in die hele waarheid sal in lei soos Jesus gesê het.

Die Bybel maak dit duidelik dat God wil hê dat ons Hom moet ken. Hy vererg Homself nie en het nie sy plan van versoening moeilik gemaak om te verstaan nie.

Ons moet dus nederig soos ‘n kind vertrou in en op Hom en gehoorsaam wees aan God se woord, want Hy is ons hemelse Pappa…

Ander boeke, artikels, blogs, preke of gesprekke is dus nie nutteloos nie, maar moet nie die primêre bronne word waar ons van God leer nie. Dit is nie ‘n goeie navorsingstegniek nie, die primêre bron moet die prentjie skets en enige ander bronne moet slegs sekere aspekte help inkleur.

3 gedagtes oor “Bybel of ander boeke…”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s