Net wanneer jy begin dink dat die lewe nie rowwer of moeiliker kan word nie dan is daar ‘n paar gebeure wat jou heeltemal onderstebo vee. Dit was vir my in die vorm van finansies, verhoudings, werksomstandighede en studies.
Ons kan so maklik ons vertrou in mense en finansies plaas. Dit het my laat dink aan die Bybel wat sê dat ons nie moet vertrou op besittings, perde en struidwaens, mense wat jy ken en ook nie op jou kennis en verstand nie, maar slegs in die God wat alles gemaak het.
Jy moet met jou hele hart glo dat God jou altyd sal help, jy moenie dink dat jy self weet wat om te doen nie. Jy moet vir God vra om jou te lei in alles wat jy doen, dan sal Hy jou altyd lei. Jy moenie dink jy het die wysheid nie, jy moet die Here dien en jy moenie verkeerd doen nie. Dan sal jy heeltemal gesond bly en jy sal elke dag nuwe krag kry (Spreuke 3:5-8 ABA).
Party mense dink oorlogkarre help hulle om te wen, ander mense dink perde help hulle om te wen, maar ons weet dit is ons God die Here wat vir ons help (Psalms 20:8 ABA).
Mense wen nie ‘n oorlog omdat hulle perde het nie, mense word nie vry omdat hulle perde sterk is nie (Psalms 33:16-17 ABA).
Toe die God van Jakob gepraat het, kon die soldate op perde en oorlogkarre niks doen nie (Psalms 76:7 ABA).
Moses het gesê: “Wanneer julle gaan oorlog maak teen julle vyande en julle sien die perde en die oorlogkarre en manne wat meer is as julle, dan moet julle nie bang word vir hulle nie, want julle God die Here is by julle, julle God die Here wat julle uit die land Egipte gebring het (Deuteronomium 20:1 ABA).
Julle moet alles gebruik wat God vir julle gee om aan te hou oorlog maak teen die duiwel. Hy maak baie skelm planne teen julle (Efesiërs 6:11 ABA).
Amen!
LikeLike
Amen
LikeLike