As gevolg van Sonde…


Sjoe, ja… Ons wêreld is maar lekker deurmekaar, nie agv ‘n spesifiek groep mense nie, maar agv sonde. GOD is die voorsiening wat ons nodig het en die bron van ewige waarheid en lewe…

As ons moet afdaal na sonde en onheilige optredes vir finansiële vooruitgang of om ons autoriteit of menswaardigheid te bewys, is dit werklik nie die moeite werd nie!

Dit het meer te doen met hardkoppigheid en selfsug. God het die mense slegs toegelaat om te skei weens hierdie rede, maar dit was nooit deel van Sy plan nie (Matteus 19:5 – 9). Dus is daar seker dinge wat ons mense sien as iets wat toelaatbaar is, maar dit is en was nooit deel van God se plan vir ons nie.

Dit is slegs die Gees van God wat hardkoppigheid kan oorwin. Dit is ons verantwoordelikheid om ander bewus te maak daarvan en dan vir God kans te gee om te werk… (Esegiël 36:25 – 27).

Die gevolg is dat mense dink dat God se reëls van situasie tot situasie verander. Die een kom 5min laat vir werk en die ander een ure, maar albei is steeds laat vir werk. Die een persoon vat ‘n pen se doppie en ‘n ander een ‘n hele pennesakkie, albei het gesteel.

Dit is waarom Romeine kan sê dat almal gesondig het…

God is heilig en het nie verander nie. Hy kan nie met onheiligheid wees nie, daarom moes Jesus kom en sterf as volmaakte offer.

Daar is natuurlik genade, berou en vergiffenis, maar ons kan nie op dit staan en as verskoning gebruik om steeds te sondig nie (1 Petrus 2:16). Die hele wêreld val uitmekaar agv hierdie denkwyse.

Almal moet dus streef na volmaaktheid om so doende minder en minder te sondig.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s