STREEF DAARNA OM ALLE SONDES TE VERMY


1 KORINTIËRS 6:9-20)

Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie!

Paulus verduidelik aan die Korintiërs wat dit beteken om aan God te behoort. Hy maak dit duidelik dat mense wat ’n sondige lewe lei, nie die koningkryk van God kan beërwe nie. Sulke mense sal dus nie kan wees waar God Koning is nie.

Ons moet onsself nie mislei nie, en ook nie toelaat dat ander mense ons mislei nie. Sonde bring skeiding tussen God en mens en so ook bring sonde skeiding tussen mense. Dus is sonde ‘n vernietigende krag wat eerstens verhoudings vernietig en dan ook ander dinge in die lewe vernietig.

Wanneer ons by mense kuier en daar is iets wat ons ongemaklik maak, dan wil ons sommer die kuier kort knip sodat ons nie die ongemak verder hoef te verduur nie. Soms praat mense oor dinge wat ons nie van hou of mee saam stem nie. Dit kan ook mense se gedrag, kleredrag, musiek of huislike omstandighede wees wat die ongemak veroorsaak. Ons kan en wil nie aanhoudend daaraan blootgestel word nie. So ook is dit met die Gees van God wat binne in ons woon.

Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

As ons aanhou sondig en nie toelaat dat die Woord en die Gees van God ons skoon was nie, dan kan die Gees van God nie by ons bly nie. God is heilig en kan nie in eenheid wees met onheiligheid nie.

Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

Ek hoop dat jy nou beter verstaan hoe sonde skeiding bring en verhoudings vernietig.

Ons moet dus streef daarna om alle sonde te vermy. Ons kan dit nie alleen doen nie. Ons het mekaar nodig, en die woord en Gees van God (Efésiërs 5:26).

‘Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie. Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam. En God het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag. Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie! Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.’

(I KORINTHIËRS 6:9-20).

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s