Category Archives: #GEBEDE

Wat doen ons met die seer?


traan

Ons vergeet maklik dat God in beheer is en word dan so maklik gefrustreerd met die lewe om ons. Elke teleurstelling en teëspoed word vir ons ‘n irritasie omdat dit nie volgens ons plan uitgewerk het nie. Ons verwag te maklik dat alles om ons lewens draai en dat ons so graag ‘n sukses wil wees, maar wat beteken sukses nou werklik?

Ek was vandag weer herinner aan ‘n storie “The Tablecloth” waar een persoon se teleurstelling en goddelike ingryping ander mense se lewens geraak het. Ek dink net dat ons elke nou en dan moet besef dat die lewe nie oor ons suksesse gaan nie, maar oor God se plan vir ons lewens en hoe dit ander mense beïnvloed. Ons fokus ten opsigte van hierdie waarheid bepaal hoe ons teenoor ander mense sal reageer wat naby ons is op daardie oomblik as gevolg van ‘n spesifieke gebeurtenis. God gebruik dit om ons lewens te verryk en so ook ander mense wat dit nog meer nodig het. Daar was ‘n artikel geskryf, “What do we do with suffering“, deur Jay Adams wat ook meer lig hier op werp.

Mag ons Here en Verlosser vir ons oop oë gee in situasies soos hierdie, sodat ons Hom vir ander mense kan wys.

Genesing ‘n werklikheid


Genesing is ‘n werklikheid, maar hoekom word almal nie genees nie?

Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n Kruishout hang— sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang (Galasiërs 3:13-14).

Dit klink mos of ons almal hierdie belofte kan ontvang, maar… Sy Gees moet in ons woon.

En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon (Romeine 8:11).

Tog moet ons ook die wat teen ons gesondig het van harte vergewe…

En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie (Matthéüs 18:34-35).

En God se wil op ‘n daaglikse basis uit lewe.

Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het (Johannes 15:2-3).

Ons moet ook nie sondig nie.

Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie (Johannes 5:14).

Maar sê nou maar ek het gesondig, wat nou?

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig (1Johannes 1:9).

Ons moet ook ander mense vergewe en vryspreek.

As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou (Johannes 20:23).

En hoe doen ons al hierdie op ‘n daaglikse basis?

ONS MOET IN LIEFDE LEWE

‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê (Johannes 13:34).

 

Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar Johannes (14:21).

 

Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak Johannes (14:23).

 

Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het Johannes (15:12).

 

Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê Johannes (15:17).

 

As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle Johannes (15:19).

 

World Day of Prayer 2018 Suriname


Friday, 2nd March 2018

All God’s Creation is Very Good!

Program written by the
World Day of Prayer Committee of Suriname for WDP 2018
Genesis 1:1-31
A heri grontapu di Gado meki bun doro, dóro!

As in the beginning, God created from chaos. But everything that was created found its place in creation. All were related to each other – the earth with the light, the waters with the sky, the tree seeds with the living creatures, and the humankind with God. None could exist without the other, and the source of all was God.

There was goodness in that integrated system of relationships. But essential to that was the commitment to care. And we know that we are failing!

Women from Suriname lift up their voices to remind us that we are caretakers of God’s creation! They are bringing to our attention the urgent need for caring at a time when more than 180 countries have signed the Paris Agreement on Climate Change. A commitment to keep the earth cooler depends on public policies implemented by governments, but also on our personal lifestyle.

As one of our Guiding Principles affirms “prayer is rooted in listening to God and to one another.” Through the worship service, we listen to the multicultural and multi-ethnic people of Suriname. They take us to their communities and through their concerns. History is before our eyes! The flora and fauna are remarkable! The everyday life is weaved into the prayers.

How good is God’s creation? That is the question to meditate and respond to with a personal commitment to care for creation. But it can also be an opportunity for the WDP motto “Informed prayer and prayerful action” to be affirmed in the community. What is it that we, as the WDP movement, can do to keep God’s creation good?

Die Vreemdeling


Is jy ‘n Christen?

Weet jy wat die Bybel ons leer oor die vreemdeling?

God leer Sy mense om nooit vreemdelinge te mishandel of te onderdruk nie, maar om hulle lief te hê (Deuteronomium 10:19).

Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipte (Eksodus 22:21).

The Foreigner

Hy maak dit ook baie duidelik dat ons ook vreemdelinge kon gewees het wat dit ook sou verkies het om goed behandel te word, of vreemdelinge is wat goed behandel wil word.

Dit is dus baie hartseer om te sien hoe ons Suid-Afrikaanse broers en susters die vreemdelinge haat, dis-respek en ook woede en frustrasie teenoor hulle ontwikkel het. Ek wou nie Jesus wat gesê het dat ons selfs ons vyande moet liefhê hier aanhaa nie, omdat hierdie vreemdelinge nie veronderstel is om as ons vyande gesien te word nie. Suid-Afrika het die grootste geleentheid ooit om gedurende hierdie tyd die lig te wees soos voorspel deur baie.

God het ‘n hart vir die vreemdeling (Deuteronomium 10:18) en Sy opdrag vir Sy mense is om hulle lief te hê, te ondersteun en vir hulle te sorg (Levitikus 19:10; 23:22). Hy het dit duidelik gemaak dat die vreemdelinge en die mense van ons eie nasionaliteit op dieselfde manier behandel moet word en dieselfde verwagtinge kan hê van die mense wat hulle hul lewens mee deel (Levitikus 24:22; Númeri 9:14; 15:15).

Dit is eintlik ons plig om te sorg vir die vreemdeling en om seker te maak dat hulle nie ly terwyl hulle tussen ons woon nie (Levitikus 25:6; Deuteronomium 24:21). As Suid-Afrikaners moet ons bely omdat ons hierdie mense so hard, negatief en openlik onbeskof behandel het. Hulle is hier om by ons te leer en die seëninge van God te geniet, terwyl ons hulle leer van die God van liefde.

Want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My gehuisves; (Matthéüs 25:35).

Ek bid dat ons van hierdie geleentheid gebruik sal maak en dit sal aangryp sodat ons die God van liefde met elkeen van hulle sal deel!

Gebed:
God van genade en barmhartigheid ons het berou omdat ons toegelaat het dat die leuens van die wêreld ons verblind het in so ‘n mate dat ons die vreemdeling met haat en minagting behandel het. Vergewe hierdie dwaasheid van ons en help ons om te herstel wat ons vernietig het. In Jesus Naam, Amen!

The Foreigner


Are you a Christian?

Do you know what the Bible teaches regarding the foreigner?

God taught His people to never mistreat or oppress foreigners, but to love them  (Deuteronomy 10:19).

You shall neither mistreat a foreigner nor oppress him, for you were foreigners in the land of Egypt (Exodus 22:21).

The Foreigner

He also makes it clear that we might have been, or are, foreigners who also would have wanted, or wants, to be treated well.

It is therefore very sad to see how our South African brothers and sisters have developed hate, disrespect, anger and frustration towards the foreigners. Jesus said that we should love even our enemies, but these foreigners are not even  supposed to be viewed as our enemies at all. South Africa has the greatest opportunity during these times to be the light, as prophesied by many.

God has a heart for the foreigner (Deuteronomy 10:18) and instructed His people to love, support and care for them (Leviticus 19:10; 23:22). He made it clear that the foreigners and the people of your own nationality should be treated in the same way and have the same expectations from those they are sharing their lives with (Leviticus 24:22; Numbers 9:14;15:15).

It is actually our duty to care for the foreigner and to make sure they do not suffer while they are living amongst us (Leviticus 25:6; Deuteronomy 24:21). As South Africans we need to repent from being harsh, negative and outright rude to these people. They are here to learn from us and to enjoy the blessings of God, while we teach them about the God of Love.

For I was hungry and you gave me food, I was thirsty and you gave me drink, I was a stranger and you welcomed me (Matthew 25:35).

I pray that we will grab this opportunity and share the God of Love with each and every one of them!

Prayer:
God of mercy and grace we repent from being blinded by the lies of the world which caused us to treat the foreigner with hate and disrespect. Forgive our foolishness and help us to restore what we have destroyed. In Jesus Name, Amen!

Every Spoken Word


every_spoken_word

INVITATION TO COME


Destruction and hatred follows:
Heartbreak. Fear. Regret. Failure. Disappointment. Insecurity. Shame. Despair.

With these overwhelming emotions boiling inside of us, we cannot receive God’s love nor love the people around us.

Therefor God invites us:

come, my people, enter your quiet places of prayer, And shut your doors behind you; Hide yourself, as it were, for a little moment, Until the resentment caused by all these bad emotions is past.

(Isaiah 31:4).

I will restore you to health and heal your wounds,” declares the LORD, “because you are called an outcast, for whom no one cares.

(Jeremiah 30:17).

I pray that we all remember to enter into our prayer places just for a moment to receive what we need in order to continue living a life of love no matter where we are! AMEN

Motivated by the book “The Storm Inside” by Sheila Walsh.

Here, God van my Heil


Here Hemel Vader dankie dat ons kan vra ‘wees ons genadig’. U weet dat ons stof is en sonder U niks kan doen nie wat die moeite werd is nie.

’n PSALM van Dawid. Alef. Tot U, o Here, hef ek my siel op. Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie. Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak. Dalet. Here, maak my u weë bekend; leer my u paaie. He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die Gods van my heil. U verwag ek die hele dag. Sajin. Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af. Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o Here ! Tet. Die Here is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg. Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer. Kaf. Al die paaie van die Here is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar. Lamed. Om u Naam ontwil, Here, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot. Mem. Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies. Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit. Samek. Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak. Ajin. My oë is altyddeur op die Here, want Hý sal my voete uit die net uitlei. Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig. Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste. Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes. Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met ’n gewelddadige haat. Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek. o God, verlos ons uit al ons benoudhede! (PSALMS 25:1-22 AFR53)

Here roep ons terug na U, daar waar U plek vir ons voorberei het. Ek bid ook vir U vrede en teenwoordigheid in alle omstandighede, dat stukkend hartseer harte vrede en genesing sal ontvang.
Dankie Here Jesus vir U naam en U lewe, Amen.

If Revival Is Witheld


If revival is being withheld from us it is because some idol remains still enthroned; because we still insist in placing our reliance in human schemes; because we still refuse to face the unchangeable truth that, “It is not by might, but by My Spirit.”

Jonathan Goforth (February 10, 1859 – October 8, 1936, Canadian Missionary to China)

Waarmee beklee jy jouself?


Ons almal beklee onsself daagliks met liefde, vriendelikheid, bedagsaamheid, haat, woede, vrees, pyn, leuens, onsekerheid, ensovoorts.baadjie

Dalk begin jy jou dag waar jy beklee is met liefde en vriendelikheid, maar dan gebeur daar iets wat jou dan ‘n ander baadjie laat aantrek… woede, vrees of haat! In hierdie deurmekaar en gejaagde lewe gebeur dit soms te min dat dit goeie dinge is waarmee ons onsself beklee…

Ons is soms nie dadelik bewus daarvan dat ons ‘n ander baadjie aangetrek het nie. Onverwagte gebeure wat spanning veroorsaak is gewoonlik die sneller wat alles laat begin en dan hoop die spanning net op. Kort voor lank is die mooi aangename baadjie weg en het jy ‘n ongeskikte vuil lelike ou baadjie aan.

Jy kan seker maak jy trek nie daardie vuil lelike baadjie aan nie. Indien jy dit wel onbewustelik of selfs bewustelik aan trek kan jy vir jou huweliksmaat of betroubare vriend vra om jou te laat weet as hul dit op merk.

Om die gebeure van elke dag te sorteer help jou om te voorkom dat jy die vuil, ou baadjie aantrek. Elke keer as daar iets negatiefs gebeur dan praat jy met die situasie en sê dat jy dit nie gaan toelaat om jou negatief te beïnvloed nie. Jy praat dan ook met jou negatiewe emosies en sê vir dit dat jy nie gaan toelaat dat dit jou dag bederf nie. Kolossense‬ ‭3:12 moedig ons aan om goedheid en sagtheid aan te trek, wanneer jy dit doen kies jy weer om die mooi aangename baadjie aan te trek.

 

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
(Kolossense 3:12-17).

Hemel Vader vergewe my swakheid as ek oorweldig word met vandag en alles wat om my gebeur. Help my om die vuil, lelike, ou baadjie raak te sien en gee my die krag en vrymoedigheid om dit uit te trek en ‘n nuwe, skoon baadjie van geregtigheid aan te trek.
Dankie Here Jesus vir U bloed, dood en opstanding wat dit vir my moontlik gemaak het!
AMEN!