In die konsentrasiekamp, meer as 100 jaar gelede, sit Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af. Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasie kamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog . … ..
Anette lees die woorde van Matt 10:29 – “Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”
Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer. Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie kamp in Bethulie.
Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ’n baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens.
Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by ’n vrou met invloed en haar vertel van die mossie-boodskap, sy het dit weer oorvertel en Genl Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.
Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die “mossie” boodskap en bid vir die soveelste keer vir werk! Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het, hy spring op die eerste trein en begin met ʼn lang dag se onderhoude. Moeg maar gelukkig en met ’n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.
Toe hy inklim sien hy ’n muntstuk op die vloer lê, hy tel dit op, en daar op ’n trein in Londen hou hy ’n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ’n mossie agter op. Hy vertel dat die wêreld rondom hom gaan stil staan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende wêreld.
Vandag ’n paar jaar later, skud ek my beursie uit. Ek sit ʼn 1c neer vir my vriendin met borskanker, nog ʼn 1c vir huwelike wat sukkel, ’n 1c vir iemand na aan my hart se werksomstandighede, vir enkel ouers en weduwees, en ek besef die mossie boodskap is dalk net een versie in ’n dik Bybel, maar ’n Almagtige, liefdevolle God staan agter dit!Here, dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander.
Geseënde “mossie” dag vir jou.
Category Archives: #GENADE
Die Belangrikheid van Gemeenskap
Ons land se reëls en regulasies is so min Suid Afrikaans as wat jy kan kry. Die opstellers daarvan was internasionaal en het geen idee gehad wat Suid Afrikaans is nie. Ek voel dat Suid Afrikaans tog in onsin weerspieël moet word, al is ons ‘n redelike nuwe Suid Afrika.
Ek het lank terug gesê dat iemand ‘n boek moet skryf getitel “Hoekom ubuntu Suid Afrika verlaat het saam met apartheid”. Ubuntu is ‘n Afrika term vir ‘n kwaliteit wat die noodsaaklike menslike deugde insluit soos deernis en menslikheid. Dit kommunikeer die belangrikheid van gemeenskaplike verhoudings, respek, gemeenskap, waardes en verantwoordelikhede netjies verpak in godsdiens. Dit verteenwoordig eenheid, want ‘n persoon is slegs ‘n persoon deur die gemeenskap. Dit beteken dat die gemeenskap jou ouer, leermeester, vriend en ondersteuning is. Ja, en daar is dit, ons mense soek vryheid om te doen wat hulle wil en hoe minder reëls en regulasies daar is hoe beter, hul wil nie deur ander iets geleer of gesê word nie. Ek verstaan ware vryheid as volle kennis, aanvaarding en besitneming van die reëls en regulasies. Vrees en frustrasie kom waar hierdie ware vryheid ontbreek.
As Christene word ons geroep tot ubuntu – Jesus en Paulus het baie gepraat van die gemeenskap van gelowiges. Ons moet as een liggaam kan funksioneer en Jesus as ons hoof kan aanvaar, respekteer en gehoorsaam. Ubuntu is dalk ‘n Afrika term, maar dit kom vanaf die Joodse leringe wat na Etiopië versprei het gedurende die tyd wat Salomo koning van die Jode was. In latere jare het dit verder en verder suid versprei tot in Suid Afrika en Lesotho.
Ek was bevoorreg gewees om in die platteland groot te word waar gemeenskap belangriker was as in die stad en het geleer van die rol wat gemeenskap speel. Ons is almal aanmekaar gekoppel, die een aan die verbind. Ek sê altyd aan my leerders dat dit wat jy in die donker onder jou bed doen jou verhouding met ander om jou beïnvloed.
Gemeenskap is belangrik en huidiglik wil niemand dit erken nie, maar dit is besig om meer en meer uit te rafel, huisgesinne val uitmekaar en meer kinders as ooit vantevore raak verlore in die samelewing (of is dit nou alleenlewing). Ek besef dat die hele samelewing nie ‘n perfekte eenheid kan vorm nie, maar as kinders van God kan ons daarna streef. As elkeen van ons ons verhouding met God as die belangrikste in ons lewens beskou sal dinge reeds verander. Wanneer ons by God wil wees, Hom wil aanhang, afhanklik van Hom wil wees, lief vir Hom wil wees, Hom wil geniet, Hom wil behaag, dan het ons Hom lief met ons hele wese, bly ons in Hom, bly ons in Sy liefde, bly ons in Christus en is ons vervul met Sy Gees (geïnspireer deur Rebecca se skrywe). Omdat God ‘n hart het vir alle mense glo ek dat sosiale geregtigheid binne-in ons liefde vir God verborge is. Dus gee ons om vir ander mense, die vernederde, die verlore, die uitgelate, ons naaste, omdat ons God liefhet. Hierdie liefde word dan ook deur ons dade en woorde sigbaar. Sodoende kan ons die gemeenskap herstel wat besig is om uitmekaar te val.
Matthéüs 22:34-40, Johannes 15:7
The power of Christ’s resurrection
by Charles Spurgeon.
Once more—the resurrection of Christ is operating at this present time with a quickening power on all who hear the word aright. The sun is, to the vegetable world, a great source of growth. In this month of April he goes forth with life in his beams and we see the result.
The buds are bursting, the trees are putting on their summer dress, the flowers are smiling and even the seeds which we buried in the earth are beginning to feel the vivifying warmth. They see not the Lord of day but they feel his smile. Over what an enormous territory is the returning sun continually operating! How potent are his forces when he crosses the line and lengthens the day!
Such is the risen Christ. In the grave he was like the sun in his winter solstice but he crossed the line in his resurrection. He has brought us all the hopes of spring and is bringing us the joys of summer. He is quickening many at this hour and will yet quicken myriads. This is the power with which the missionary goes forth to sow; this is the power in which the preacher at home continues to scatter the seed. The risen Christ is the great producer of harvests. By the power of his resurrection men are raised from their death in sin to eternal life.
***
Charles Spurgeon delivered this message on Sunday April 21, 1889 at the Metropolitan Tabernacle, Newington, London.
Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou
Forgiveness
To be a Christian means to forgive the inexcusable because God has forgiven the inexcusable in you.
By C. S. Lewis
Life’s Endangerments
We are living in a world where extremes and drastic changes and choices have become the norm. Life itself have become very demanding and we have become very competitive and only allow for the “survival of the fittest”. We have become animals murdering the very essence of our souls. We are then “able” to destroy anything and anyone standing in our way…
Do not go about spreading slander among your people. Do not do anything that endangers your neighbor’s life. I am the Lord (Leviticus 19:16).
We have a choice! Choose life or death, God said. Choosing life might be more difficult, but it is so much more rewarding.
Love like there’s no tomorrow, and if tomorrow comes, love again. Max Lucado
Choosing death will bring you satisfaction for now, but when the decay of it enters in you will not be able to stop it.
Here, God van my Heil
Here Hemel Vader dankie dat ons kan vra ‘wees ons genadig’. U weet dat ons stof is en sonder U niks kan doen nie wat die moeite werd is nie.
’n PSALM van Dawid. Alef. Tot U, o Here, hef ek my siel op. Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie. Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak. Dalet. Here, maak my u weë bekend; leer my u paaie. He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die Gods van my heil. U verwag ek die hele dag. Sajin. Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af. Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o Here ! Tet. Die Here is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg. Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer. Kaf. Al die paaie van die Here is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar. Lamed. Om u Naam ontwil, Here, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot. Mem. Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies. Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit. Samek. Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak. Ajin. My oë is altyddeur op die Here, want Hý sal my voete uit die net uitlei. Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig. Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste. Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes. Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met ’n gewelddadige haat. Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek. o God, verlos ons uit al ons benoudhede! (PSALMS 25:1-22 AFR53)
Here roep ons terug na U, daar waar U plek vir ons voorberei het. Ek bid ook vir U vrede en teenwoordigheid in alle omstandighede, dat stukkend hartseer harte vrede en genesing sal ontvang.
Dankie Here Jesus vir U naam en U lewe, Amen.
Grace!
True grace is a free gift from the giver of grace.
We should not complain about anything especially not when somebody received grace. As a community we should be gracious to one another and rejoice when someone have received grace.
On the contrary we moan and complain about the unfairness of this world and about the one not getting what he or she deserve…
GRACE IS A FREE GIFT THAT NO ONE EVER HAVE NOR EVER WILL BE ABLE TO EARN!!!
If Revival Is Witheld
If revival is being withheld from us it is because some idol remains still enthroned; because we still insist in placing our reliance in human schemes; because we still refuse to face the unchangeable truth that, “It is not by might, but by My Spirit.”
Jonathan Goforth (February 10, 1859 – October 8, 1936, Canadian Missionary to China)
Waarmee beklee jy jouself?
Ons almal beklee onsself daagliks met liefde, vriendelikheid, bedagsaamheid, haat, woede, vrees, pyn, leuens, onsekerheid, ensovoorts.
Dalk begin jy jou dag waar jy beklee is met liefde en vriendelikheid, maar dan gebeur daar iets wat jou dan ‘n ander baadjie laat aantrek… woede, vrees of haat! In hierdie deurmekaar en gejaagde lewe gebeur dit soms te min dat dit goeie dinge is waarmee ons onsself beklee…
Ons is soms nie dadelik bewus daarvan dat ons ‘n ander baadjie aangetrek het nie. Onverwagte gebeure wat spanning veroorsaak is gewoonlik die sneller wat alles laat begin en dan hoop die spanning net op. Kort voor lank is die mooi aangename baadjie weg en het jy ‘n ongeskikte vuil lelike ou baadjie aan.
Jy kan seker maak jy trek nie daardie vuil lelike baadjie aan nie. Indien jy dit wel onbewustelik of selfs bewustelik aan trek kan jy vir jou huweliksmaat of betroubare vriend vra om jou te laat weet as hul dit op merk.
Om die gebeure van elke dag te sorteer help jou om te voorkom dat jy die vuil, ou baadjie aantrek. Elke keer as daar iets negatiefs gebeur dan praat jy met die situasie en sê dat jy dit nie gaan toelaat om jou negatief te beïnvloed nie. Jy praat dan ook met jou negatiewe emosies en sê vir dit dat jy nie gaan toelaat dat dit jou dag bederf nie. Kolossense 3:12 moedig ons aan om goedheid en sagtheid aan te trek, wanneer jy dit doen kies jy weer om die mooi aangename baadjie aan te trek.
Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
(Kolossense 3:12-17).
Hemel Vader vergewe my swakheid as ek oorweldig word met vandag en alles wat om my gebeur. Help my om die vuil, lelike, ou baadjie raak te sien en gee my die krag en vrymoedigheid om dit uit te trek en ‘n nuwe, skoon baadjie van geregtigheid aan te trek.
Dankie Here Jesus vir U bloed, dood en opstanding wat dit vir my moontlik gemaak het!
AMEN!