Category Archives: #LEWE

The Living Word


The simple answer for this world is not law and politics, because it has been proven to fail us. The only answer is Christ Jesus. He is the One interceding for us and we are to live Him out toward the world around us. More laws only creates more law offenders. The only way to overcome the power of law and sin is to have the laws engraved on our hearts (Jeremiah 31:31-34) and to put our trust in Jesus Christ. It is then that we are enabled through the Holy Spirit to live Christ.

The word Christians was actually used as a mockery to lable the idiots trying to be like Jesus and the meaning of this word is little Christs. It caught on because that is what we are actually called to be.

Judaism makes it clear that this world will be saved and allow the Messiah to come when most people on this planet read, study and live the Torah. Torah is the sum total of God’s will and God’s law in Judaism. Torah is the first five books of the Bible also known as the books of Moses and some Rabbi’s also called it the word of God. 1 John 1 explains that Jesus is the word of God whom became flesh and lived among us. So it is the same idea of living the word. We as Christians need to live Jesus, the Word of God.

Living the Word of God is the only way to bring actual change in this world. When everyone, claiming to be Christian, will stop all their nonsense and start living as little Christs this world will not be able to resist the power and change that follows.

Turn your busyness into faithfulness.


The subtle plan of the enemy is busyness. Being occupied with that which is keeping you from the real, true and purposeful activities.

We need to focus on Jesus, the author and finisher of our faith (Hebrews 12:2). He knows what we are and what we need and will therefore be able to lead us to success. With our eyes on Him we will turn our busyness into faithfulness.

Die ware weg tot die lewe


Jesus het ons die weg, die waarheid en die lewe gegee. Tog het Hy gekom na ‘n wêreld wat deur godsdienstige onderdrukking geteister is. Hy het in ‘n donker wêreld gekom. Die Bybel sê dat in die dal van die doodskaduwee die lig soos dagbreek aangebreek het. Die Lig van die wêreld het gekom. Die Een wat daar was nog voor die son se skepping, het na hierdie donker wêreld gekom en die lig gebring. Elkeen wat Hom gevolg het, kon daardie lig sien. En elkeen wat die boodskap gesien, verstaan ​​en ontvang het, was aangetrokke tot Hom, in so ‘n mate dat hulle Hom van daardie punt af gevolg het  (Johannes 1:1-13). Maar, tragies genoeg, het die oorgrote meerderheid van die inwoners van die stad Kapernaum, selfs al het hulle baie wonderwerke gesien, net nie geglo nie. Hulle is so erg geteister deur ‘n godsdienstige gees dat hulle nie regtig omgegee het of hulle gelowig is of nie, solank dit voorgekom het of hulle goed is en goed doen.

Is ons dus bloot godsdienstige mense? Leef ons in ons eie Kapernaums? Omdat ons na die vernietiging van daardie stad kyk, kan ons sien waarheen goeie werke, goeie wil, goeie hart en ‘n goeie uitsig lei. Jy sien, niemand doen goed nie (Lukas 18:19). Die mens se hart is vol kwaad (Jeremia 17:9). En hoewel ons kan lyk soos mense wat instaat is om wonderlike dinge te kan doen en as vredemakers kan optree, is dit nie wat werklik saak maak nie. Ons moet glo in die uiterste finale offer wat namens ons gemaak is, sodat God ons nie meer as sondaars sal sien nie, maar as die geregtigheid van God in Christus Jesus (2 Korintiërs 5:19).

Kopiereg © 2021 Behold Israel.

Jesus roep ons nie tot godsdiens nie

Die probleem met godsdiens is dat die mens die sentrale figuur van die godsdiens word. Godsdiens plaas toewyding en rituele as die uitdrukkings wat die mens aanvaarbaar maak vir God as die voorwerp van aanbidding. Dit is dan juis hier waar die mensdom (Christene ook) verlore raak in godsdiens en Jesus nie meer is wie Hy moet wees nie.

Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie (Johannes 14:1-6).

Daar is baie wat gesê kan word oor godsdiens, duisende denominasies en oor hoe deurmekaar hierdie wêreld van ons is, maar Jesus het nie vir Thomas gesê om ‘n klomp rituele te volg en die weg sal slegs bekend word aan die wat daardie rituele volg nie, nee Jesus is die weg na die lewe. Ons word geroep na lewe, die ware lewe. Jesus is die enigste ware weg tot hierdie lewe wat Hy van praat. Sonder Hom sal ons nooit daar uit kom nie. In die wêreld van vandag moet ons steeds streef na Jesus sodat ons elkeen die weg, die waarheid en die lewe kan vind en sodoende ons pad na die Vader. Hy is die weg, die waarheid en die lewe, en niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie. Hy het vir ons genoeg bewyse gegee om te kan glo, naamlik dat Hy na die wêreld gekom het om sondaars te red.

Mag ek en jy vandag en ook elke dag wat kom Jesus soek, vind en lewe.

Van Woord tot Woord


BYBEL-WOORD1

God het deur Esegiël gesê:

Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
(Esegiël 36:25-27)

Paulus het weer aan die Korintiërs geskryf:

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
(2 Korintiërs 5:17)

Jesus het weer gesê:

…Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
(Johannes 10:10)

Wat behels hierdie nuwe lewe?

Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
(Galasiërs 2:20)

Hierdie lewe is nog steeds iets wat ons nie werklik verstaan nie. Hoe en wanneer gaan ons by die plek kom waar hierdie nuwe lewe volkome begryp en verstaan word?

Rebecca het geskryf oor hoe ons moet vasklou aan God se woord en die volgende sê:

Ek het as onderwyser elke jaar ‘n student gehad as my onderwysassistent, onvermydelik het daar dus elke nou en dan iemand nuut begin. Wanneer ek ‘n nuwe persoon ‘n taak of opdrag gegee het, het ek gevoel dat ek die werk vinniger, meer doeltreffend en meer na my smaak sou kon doen. Natuurlik hoe langer die persoon saam met my gewerk het, hoe beter het sy gevaar. Ek gebruik hierdie nou as ‘n illustrasie van hoe God ons toelaat om saam met Hom te werk en Sy opdragte uit te voer. Hy kan dit natuurlik baie beter doen, maar dit is tot ons voordeel dat ons Sy werk doen. So geniet ons die seën wat daar is om Hom te dien en word ons ook meer en meer soos Hy.

Ons het nodig om saam met God te werk, tyd met Hom te spandeer en in Sy teenwoordigheid word ons dan meer en meer soos Hy.

…maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
(2 Korinthiërs 3:16-18).

Jesus is die Woord en ons moet ook groei en verander om God se woord te word in die plek en situasies waarin ons ons bevind.

Die Belangrikheid van Gemeenskap


Ons land se reëls en regulasies is so min Suid Afrikaans as wat jy kan kry. Die opstellers daarvan was internasionaal en het geen idee gehad wat Suid Afrikaans is nie. Ek voel dat Suid Afrikaans tog in onsin weerspieël moet word, al is ons ‘n redelike nuwe Suid Afrika.

Ek het lank terug gesê dat iemand ‘n boek moet skryf getitel “Hoekom ubuntu Suid Afrika verlaat het saam met apartheid”. Ubuntu is ‘n Afrika term vir ‘n kwaliteit wat die noodsaaklike menslike deugde insluit soos deernis en menslikheid. Dit kommunikeer die belangrikheid van gemeenskaplike verhoudings, respek, gemeenskap, waardes en verantwoordelikhede netjies verpak in godsdiens. Dit verteenwoordig eenheid, want ‘n persoon is slegs ‘n persoon deur die gemeenskap. Dit beteken dat die gemeenskap jou ouer, leermeester, vriend en ondersteuning is. Ja, en daar is dit, ons mense soek vryheid om te doen wat hulle wil en hoe minder reëls en regulasies daar is hoe beter, hul wil nie deur ander iets geleer of gesê word nie. Ek verstaan ware vryheid as volle kennis, aanvaarding en besitneming van die reëls en regulasies. Vrees en frustrasie kom waar hierdie ware vryheid ontbreek.

As Christene word ons geroep tot ubuntu – Jesus en Paulus het baie gepraat van die gemeenskap van gelowiges. Ons moet as een liggaam kan funksioneer en Jesus as ons hoof kan aanvaar, respekteer en gehoorsaam. Ubuntu is dalk ‘n Afrika term, maar dit kom vanaf die Joodse leringe wat na Etiopië versprei het gedurende die tyd wat Salomo koning van die Jode was. In latere jare het dit verder en verder suid versprei tot in Suid Afrika en Lesotho.

Ek was bevoorreg gewees om in die platteland groot te word waar gemeenskap belangriker was as in die stad en het geleer van die rol wat gemeenskap speel. Ons is almal aanmekaar gekoppel, die een aan die verbind. Ek sê altyd aan my leerders dat dit wat jy in die donker onder jou bed doen jou verhouding met ander om jou beïnvloed.

gemeenskap

Gemeenskap is belangrik en huidiglik wil niemand dit erken nie, maar dit is besig om meer en meer uit te rafel, huisgesinne val uitmekaar en meer kinders as ooit vantevore raak verlore in die samelewing (of is dit nou alleenlewing). Ek besef dat die hele samelewing nie ‘n perfekte eenheid kan vorm nie, maar as kinders van God kan ons daarna streef. As elkeen van ons ons verhouding met God as die belangrikste in ons lewens beskou sal dinge reeds verander. Wanneer ons by God wil wees, Hom wil aanhang, afhanklik van Hom wil wees, lief vir Hom wil wees, Hom wil geniet, Hom wil behaag, dan het ons Hom lief met ons hele wese, bly ons in Hom, bly ons in Sy liefde, bly ons in Christus en is ons vervul met Sy Gees (geïnspireer deur Rebecca se skrywe). Omdat God ‘n hart het vir alle mense glo ek dat sosiale geregtigheid binne-in ons liefde vir God verborge is. Dus gee ons om vir ander mense, die vernederde, die verlore, die uitgelate, ons naaste, omdat ons God liefhet. Hierdie liefde word dan ook deur ons dade en woorde sigbaar. Sodoende kan ons die gemeenskap herstel wat besig is om uitmekaar te val.

Matthéüs 22:34-40, Johannes 15:7

Lewe vir Sukses


Ek het baie gestoei met sukses. Wat is sukses?

Teen 25 jaar ouderdom moet jy getroud wees, ‘n motor en ‘n huis besit en ‘n volwaardige inkomste verdien.

Hierdie was die prentjie wat aan ons oorgedra was vanaf ‘n jong ouderdom. En die wat mooitjies hier in gepas het is daarvoor gerys en uitgewys as suksesvolle mense.

Maar, wat dan van die wat dít nie gemaak het nie? Was hulle dan onsuksesvol?

Stellig nie, want sukses is ‘n prentjie en elkeen moet sy of haar eie prentjie skilder. Jy kan nie iemand anders se prentjie vat en joune maak nie. Die vraag is dus “Wat is jou prentjie van sukses?”

Sommiges probeer om ‘n held, ouer of lewensmaat se prentjie uit te leef en voel dan lewensmoeg omdat dit nie vir hul werk nie. Ander het alles oor boord gegooi en lewe net om te oorleef of om daardie geldjie te maak vir die volgende stap.

Die gevolg hiervan is dat vrede en tevrede in die agtergrond begin verdwyn het en mens nie meer weet hoe om daar uit te kom nie. Verhoudings begin skade ly en niks voel goed genoeg nie, daar word altyd gestreef vir meer. Maar, meer van wat?

Ek vra weer, wat is jou prentjie van sukses?

Om suksesvol te wees, moet jy weet wat jy doen, lief wees vir wat jy doen en glo in wat jy doen (Will Rogers (1879-1935)).

Kan jy werklik sê wat sukses vir jou is? Dink jy jy is suksesvol?

Intimiteit en Aanbidding


Om werklik intiem te wees verg innerlike nabyheid. Intimiteit is gedetailleerde, innerlike, naby, bekend en persoonlik. Ons moet intiem raak in ons wandel met God.

Dit is nie moontlik om ware intimiteit te beleef sonder aanbidding nie. Ware intimiteit bring ware aanbidding. Hoe dieper jy groei in jou aanbidding van God, hoe meer word intimiteit deel van jou aanbidding en hoe meer intimiteit groei, hoe dieper en meer standvastig word jou aanbidding.

In ons wandel met God leer ons dat ons Hom meer nodig het as enige iets anders.

We need God and oxygen, in that specific order.
(Luana Bekker)

Oswald Chambers het dit so verduidelik:

Dit is moontlik om alles te weet van die leringe van die Bybel, maar geen ware kennis te hê van Jesus nie. Ons siele is in gevaar wanneer ons kennis van leringe meer word as ons intieme kontak met Jesus. Waarom het Maria geween by Jesus se graf? Leringe het maar soveel waarde as die gras onder haar voete vir haar. Enige fariseër kon Maria as ‘n dwaas af gemaak het as dit alles net oor leringe gegaan het, maar hulle sal nooit haar ervarings met Jesus kon weg redeneer nie. Toe sy haar Here se stem hoor het sy dadelik geweet dat dit Hy is wat met haar praat.
My Utmost for His Highest (August 16) (Copyright © 1935)

Ons is totaal afhanklik van God en hoe gouer ons dit besef hoe beter…

…God designed the human machine to run on God Himself.
Mere Christianity (P.50 2002 Ed.)(Copyright © 1942)

Het jy ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus – ‘n intieme band, ‘n kennis en ‘n wete wat deur niks geskud kan word nie? Bring dit jou na ‘n plek van liefde, respek en aanbidding? Baie mense het nie en sal graag hul verhouding met Hom wil verdiep.

Intimiteit moet ‘n natuurlik uitvloei wees waar die bonatuurlike die natuurlike word, maar ons weet nie meer hoe om dit te laat vloei nie. Die wêreld waarin ons leef het ‘n koue en hard plek geword en daar is nie meer ruimte vir intimiteit of aanbidding nie.

Intimiteit is die proses waarin jy elke fyn detail van die lewe deel met iemand naby aan jou, en aanbidding is die manier waarop jy dit deel deur die persoon te respekteer en te eer. Elke verhouding bestaan uit hierdie twee aspekte wat inmekaar verweef is, en so ook moet ons dit laat ontwikkel in ons verhouding met God. Intimiteit moet dus gekoester word.

Die vroue geslag sal dit dalk beter verstaan dat intimiteit ontwikkel wanneer jy alles met ‘n persoon deel, die goeie, die slegte en die lelike. So ook moet ons leer om dit alles met God te deel en ons intimiteit met Hom te laat groei.

Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel. Sê dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel. Jy sal hierdie verligte gevoel nie altyd kan verklaar of wetenskaplik kan uitlê nie. Omdat jy egter weet dat jy aan Jesus behoort, sal jy nie meer omgekrap voel nie. Hierdie wete dat Jesus by jou is, sal keer dat die bekommernisse weer met jou emosies weghardloop of dat jy jou weer van voor af begin bekommer. Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in ’n goeie lig stel. Ek stel mos vir julle ’n goeie voorbeeld. Ek het baie dinge vir julle vertel. Julle het baie by my geleer. Wat julle my gesien doen en gehoor sê het, moet julle net so doen en sê. God sal julle nie los nie. Hy sal by julle bly. By Hom sal julle veilig en gelukkig voel.
Ek en jy is tot alles in staat omdat God vir ons sorg. (Filippense 4:6-9 [DB]).

Tydens hierdie proses waardeer God jou nabyheid met groot respek hanteer, vertel Hy jou wie hy jou geskep het om te wees en jou liefde en respek vir Hom vloei oor in aanbidding.

Hierdie proses leer jou ook intimiteit en aanbidding in al jou ander verhoudings – ouers en kinders, mans en vroue, vriende en familie en skep ‘n atmosfeer van vertroue, respek, lojaliteit, eerlikheid en integriteit. Alle sleutel aspekte wat nodig is vir enige goeie verhouding.

Die lewe gaan nie oor kennis, krag of mag nie, maar oor verhouding. Ons het nodig om die eenvoud van hierdie geskenk (verhouding) in besit te neem en ‘n lewe te lewe waar ons alles rondom ons kan geniet. Wetende dat ons intimiteit en aanbidding se doel is om hierdie boodskap uit te dra aan almal wat nodig het om dit te hoor.

Ek bid dat jy ook so ‘n verhouding met Hom kan ontwikkel en dat jy net sal groei in jou intimiteit en aanbidding.

 

Wat gebeur met die varkgriep


Influensavirus wat aan die familie Orthomyxoviridae behoort.

AARD VAN DIE SIEKTE
‘N Akute respiratoriese infeksie van wisselende erns, wat wissel van asimptomatiese infeksie tot ernstige siekte. Tipiese griep simptome sluit in koors met skielike aanval, kouekoors, seer keel, nie-produktiewe hoes en, dikwels vergesel van hoofpyn, siekte, myalgie en prostrasie. Komplikasies van griepvirale infeksie sluit in: primêre griepvirale pneumonitis, bakteriële longontsteking, otitis media en verergering van onderliggende chroniese toestande. Siekte is geneig om die ergste te wees by bejaardes, by babas en jong kinders, en by immuungekompromitteerde leërskare. Die dood as gevolg van seisoenale griep kom hoofsaaklik voor by bejaardes en individue met voorafgaande chroniese siektes. Influenza A (H1N1) is soortgelyk aan seisoenale griep, maar is gekenmerk deur hoër aktiwiteit gedurende die noordelike somer seisoen, hoër sterftesyfer onder gesonde jong volwassenes en hoër voorkoms van virale longontsteking.

WAAR KOM VARKGRIEP VANDAAN
Die griepvirusse word in tipes A, B en C geklassifiseer op grond van hul kernproteïene. Slegs tipes A en B veroorsaak menslike siekte van enige besorgdheid. Die subtipes van griep A virusse word bepaal deur koevertglikoproteïene wat haemagglutinien (HA) of neuraminidase (NA) aktiwiteit besit. Hoë mutasietariewe en gereelde genetiese herversamelings van hierdie virusse dra by tot die groot veranderlikheid van die HA en NA-antigene. Al die nuwe geïdentifiseerde 16 HA en 9 NA subtipes van influensa A virusse word in wilde, akwatiese voëlbevolkings gehandhaaf. Mense word oor die algemeen besmet deur virusse van die subtipes H1, H2 of H3, en N1 of N2. Minipuntmutasies wat klein veranderinge veroorsaak (“antigeenwrywing”) kom relatief dikwels voor. Antigeniese drywing stel die virus in staat om immuunherkenning te ontduik, wat lei tot herhalende griep-uitbrake gedurende interpandemiese jare. Groot veranderinge in die HA-antigeen (“antigeenverskuiwing”) word veroorsaak deur herassortasie van genetiese materiaal uit verskillende A-subtipes. Antigeniese verskuiwings wat nuwe pandemiese stamme tot gevolg het, is skaars gebeurtenisse, wat plaasvind deur herassortasie tussen dierlike en menslike subtipes, byvoorbeeld by mede-besmette varke. Influenza A (H1N1) virus het in 2009 ontstaan. Dit is ‘n nuwe herassortiment wat nog nooit voorheen onder mense versprei is nie. Hierdie virus is nie nou verwant aan vorige of huidige menslike seisoenale griepvirusse nie.

OORDRAG EN VERSPREIDING
Respiratoriese oordrag vind hoofsaaklik plaas deur druppels versprei deur onbeskermde hoes en nies. Kort afstand lugoorsending van griepvirusse kan voorkom, veral in oorvol afgeslote ruimtes. Handbesmetting en direkte inenting van virus is nog ‘n moontlike bron van transmissie.

SIEKTE KLASIFIKASIE
Influenza kom oor die hele wêreld voor, met ‘n jaarlikse globale aanvalkoers van 5-10% by volwassenes en 20-30% by kinders. In gematigde streke is griep ‘n seisoenale siekte wat gewoonlik in die wintermaande voorkom: dit beïnvloed die noordelike halfrond vanaf November tot April en die suidelike halfrond vanaf April tot September. In tropiese gebiede is daar geen duidelike seisoenale patroon nie, en griep sirkulasie is die hele jaar deur, tipies met verskeie pieke gedurende reënseisoene.

RISIKO VIR REISIGERS
Reisigers, soos plaaslike inwoners, is in gevaar in enige land gedurende die griepseisoen. Daarbenewens kan groepe van reisigers wat individue insluit vanaf gebiede wat geraak word deur seisoenale griep (bv. Cruiseschepen) uitbreek van die seisoen. Reisigers wat lande besoek in die teenoorgestelde halfrond tydens die griepseisoen, het hoë risiko, veral as hulle nie ‘n mate van immuniteit het deur onlangse infeksie of gereelde inenting nie. Bejaardes, mense met voorafgaande chroniese siektes en jong kinders is die meeste vatbaar vir komplikasies.

VOORSORGMAATREëLS
Wanneer moontlik, vermy stampvol afgesloten ruimtes en kontak met mense wat aan akute respiratoriese infeksies ly. Gereelde handewas, veral na direkte kontak met siekes of hul omgewing, kan die risiko van siekteverspreiding verminder. Siek persone moet aangemoedig word om ‘n hoesetiket te beoefen (handhaaf afstand, bedek hoes en nies met weggooibare weefsel of klere, was hande).

Moet nie moeg word om goed te doen nie


Onthou ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug (Efésiërs 6:12).

As ons bly stry teen vlees en bloed dan is die satan besig om te wen. Ons moet gefokus bly op die dinge wat Jesus in ons lewens in bou.

Daar is ‘n waarheid in die Bybel wat ons nie noodwendig van hou nie, maar as ons in Jesus se woord bly, is ons waarlik sy dissipel en ons sal die waarheid ken, en die waarheid sal ons vrymaak. (Johannes.8:31-32).

Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie (Galàsiërs 6:7-10).

Ons moet dus baie versigtig wees hoe ons teenoor mense optree. Hier word gesê dat ons moet doen aan ander wat ons aan ons self gedoen wil hê. Ons moet dit wat van God is aan ander oordra deur alles wat Hy in ons lewens geplaas het uit lewe teen oor ander mense. As kinders van God lewe ons vanuit die koninkryk van God.

Die koninkryk van God is geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. (Romeine 14:17).

Dus moet ons volgens Hom geregtigheid, vrede en blydskap saai! Ons rede vir dit wat ons saai is om geregtigheid, vrede en blydskap in ons naaste se lewens te saai. Wanneer ons vir ‘n ruk lank in mense se lewes in gesaai het, groei geregtigheid, vrede en blydskap ook in hulle lewens. Vers 9 en 10 van Galàsiërs 6 sê duidelik dat ons nie moet moeg word of verslap in ‘goed doen’ nie. Dit beteken nie dat ons alles moet doen wat mense van ons verwag nie, maar dat ons alle situasies met liefde en vrede moet hanteer.

As die HERE behae het in die weë van ‘n mens, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou (Spreuke 16:7).

Ons kan dus vrede hê met selfs ons vyande en nie net familie nie. Tog is familie baie belangrik vir God en sal daar vrede kom as ons nie verslap nie.

Die Here Jesus wil hê ons moet probeer om in Sy wil te loop en as ons daardie eerste tree gee dat Hy ons sal by staan en help. Ons moet dus daagliks vra vir krag en ondersteuning van die Heilige Gees.

Bid gerus Efésiërs 1:16-23, en Efésiërs 3:14-21 as ‘n gebed elke dag om versterk te word en aan te hou goed doen.

 


 

Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou


Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou