Skadu-kol.
Verras kom kuier jy vandag weer in my hart
Vrou-mens ek soek na jou
En na die bekoorlikheid van jou siel se
Sagte
Ribbebeen kontoere
Ek pleit vir redding en ken van kruip
Tussen die skare deur
Stof op jou wange
En huil in jou skoot
Reik jy na Sy kleed se soom
En daar word jy van bloeding genees
En bo ons almal
Dogter genoem.
In naam en wees
In jou nood
Kon die lap om Sy enkels
Jou enigste hoop wees
En Hy
Het jou aanraaking herken……Jou in my hart
Vas geklem.
Category Archives: #LIEFDE
Portret
Skilder maar die doodgewone
teen die
agterkant van jou handpalm
ek besing die Weke van Altyd
in Korinte vind ek jou gesig
asof ek jou virewig kan skilder in ons
gedeelde blou lug
sag, my engel, sag
as Gods wil sal my lief ontwaak
toemaar
ek onthou nog die teerheid van jou hart
ek herken jou nog in die
skadu’s van my bestaan
vir so lank sluimer ek in ‘n plek waar ek nie in pas nie
wie sou kon raai dat die skawing van
drie jaar my net in jou arms sou toelaat?
ek weet, dit gaan alles volgens Plan
Sy Groot Plan
en in die hemel sal daar ‘n biblioteek wees
waar ons als kan lees
verstaan en weet
wat liefde is
hoe lief ek jou het
en hoe lief
Lief
jy my het
jou oë kon nog nooit ‘n enkele leuen
praat
daarom
vir daardie rede
hou ek vas aan Genade en Vrede
toemaar
ek weet
ek het dit toe al geweet
en vandag
En
Altyd
skilder ek my woorde
met die blou van jou oë
met die wit van jou glimlag
want ‘n Steady Hand verf ons drome
in Waarheid
Amen.
Sag
Net dit,sag.
fluister my woorde meer as net lettergrepe
meer as net polemiek
hierrie is my afrikaans,
my taal
en dit is die taal waarin ek bid
daarom is elke gebed ‘n gedig
elke gedig ‘n gebed.In liefde sluk ek my woorde in
in liefde ontsap die gorrels van my keel hemel toe
en skryf ek oor vandag…
Amen
Preserving The Unity of Love
Be always happy with your wife
The only one you married when you were young.
She is beautiful and graceful;
you should be attracted to her
staying deeply in love.
Do not ever allow worry and fear between you,
but speak words of truth and Compassion
for Worry is a heavy burden,
but a kind word always brings cheer.
Always answers her with words of love
especially when she ask “…do you love me”;
for giving the right word at the right time
is like precious gold set in silver making everyone happy.
Be always happy with your husband
The only one you married when you were young.
Let your love and loyalty for him
always show like a necklace,
writing them in your mind,
for love overlooks the wrongs that others do…
Remember, a woman who sells her love,
she can be bought for a little price,
so treasure your love for him,
for a simple life with love is better…
it beats a royal feast where there is hatred.
Always speak words of truth and Compassion
sharing in the love you have for one another…
Remembering the hopeful love HE bestowed upon you both,
the blessing of a future filled with hope and success.
When you worship HIM with all your heart,
Then also will HE never leave or forsake you…
©Thomas Dreyer