Category Archives: #LIRIEKE

JESUS MIN MY SALIG LOT


JESUS MIN MY SALIG LOT
EK WEET DIT UIT DIE WOORD VAN GOD;
AL IS EK OOK SWAK EN BLIND,
NOGTANS NOEM HY MY SY KIND.

KOOR:
JA, JESUS MIN MY!
JA, JESUS MIN MY!
JA, JESUS MIN MY!
EK WEET DIT UIT GOD’S WOORD.

JESUS MIN MY, JA OOK MY
MAAK SY BLOED VAN SONDE VRY;
SIONS POORTE OPEN HY,
EWIG JUIG EK AAN SY SY!

KOOR

JESUS MIN MY, HY BLY MY
OP MY PELGRIMSREIS NABY;
AS EK HOM OPREG BEMIN,
LEI HY MY SY HEMEL IN.

KOOR

Hy hou die Hele Wêreld


Hy hou die hele wêreld in Sy hand,
Hy hou die hele wêreld in Sy hand,
Hy hou die hele wêreld in Sy hand,
Hy hou ons almal in Sy hand.

Hy hou vir pappa en vir mamma in Sy hand,
Hy hou vir pappa en vir mamma in Sy hand,
Hy hou vir pappa en vir mamma in Sy hand,
Hy hou ons almal in Sy hand.

Hy hou vir boetie en vir sussie in Sy hand,
Hy hou vir boetie en vir sussie in Sy hand,
Hy hou vir boetie en vir sussie in Sy hand,
Hy hou ons almal in Sy hand.

Wie’s die koning


Wie’s die Koning van die oerwoud;
(hoe-ha, hoe-ha / slaan op jou borskas soos King Kong)
Wie’s die Koning van die see;
(borrel, borrel, borrel / sit hande by skouers en beweeg op)
Wie’s die Koning van die groot heelal en alles vir ons gee.

Sy naam is J – E – S – U – S, J – E – S – U – S, JESUS!
Hy’s die Koning van die oerwoud;
(hoe-ha, hoe-ha)
Hy’s die Koning van die see;
(borrel, borrel, borrel)
Hy’s die Koning van die groot heelal en alles vir ons gee.
Sy naam is J – E – S – U – S, J – E – S – U – S, JESUS!

My God is so groot


My God is so groot, so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen!
My God is so groot, so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen!
Die berge maak Hy,
die riviere daarby,
die see en alles daarin.
My God is so groot, so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen!

Lees jou Bybel


Lees jou Bybel, bid elke dag, bid elke dag, bid elke dag.
Lees jou Bybel, bid elke dag,
want dit gee jou krag.
Want dit gee jou krag,
want dit gee jou krag.
Lees jou Bybel, bid elke dag,
want dit gee jou krag.

Dit borrel in my


Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus het my lief.
Vir my’t Hy gesterf en gered van verderf
Ja, Jesus het my lief.
Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus maak my lewe vry.

Hy neem weg my sondeskuld,
dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel,
dit borrel, dit borrel in my, in my.
Dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel,
dit borrel, dit borrel in my.

Ek wandel in die lig van God


Ek wandel in die lig van God.
Ek wandel in die lig van God.
Ek wandel in die lig,
ek wandel in die lig,
ek wandel in die lig van God.

Daar’s vissies in die water


Daar’s vis-sies in die wa-ter, kyk hoe swem hul rond;
daar’s voel-tjies in die lug en daar’s diere op die grond;
daar’s blomme in die vel-de, daar’s rie-te in die vlei.
Wie sou dit al’s gemaak het? Die Here, ja, dis Hy!

Al was ek nie daar nie


Al was ek nie daar nie ek weet dit is waar,
die krip en Maria met die kindjie by haar.
Dis asof die engel die boodskap nog bring,
van Jesus Sy vrede wat harte laat sing.
Al kan ek Hom nie sien nie tog weet ek Hy’s daar,
omdat ek God se liefde in my lewe ervaar.
O kom nou, Here Jesus en maak my hart skoon,
dat U ook as Koning in my kan woon.

Keer jou tong


Keer jou tong van kwaad-praat,
Keer jou tong.
Keer jou tong van kwaad-praat,
Keer jou tong van jou lippe van stories dra.
Keer joutong van kwaad-praat
Keer jou tong.