Jy kan ‘n intieme verhouding met God hê, maar jy moet eers intimiteit verstaan. Ek wil dit duidelik maak dat intimiteit nie oor die seksuele gaan nie (ek hoop dit sal ‘n paar mense in die huwelik ook kan help). Intimiteit gaan oor liefde, verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, aanvaarding,vertroue en waarheid (egtheid).
Elke mens is geskape met ‘n “sense of belonging” wat baie dieper gaan as om te weet wie jy is en waarom jy hier is. Ja dit is waar, jy moet dit weet, maar dit is net die oppervlakte van ‘n dieper bestaan van lewe. Jy moet vertroue en waarheid ten volle kan uitleef teenoor jouself en ander mense, dus begin by self. Wie is jy en watter waarhede van jouself kan jy op staat maak. (What about me can I trust completely?) Ek praat nie van die negatiewe nie, dus gladnie iet soos “I know I’m going to fail” nie. Waarmee of waarin is jy goed, wat hou jy van en geniet jy om te doen?
Dit verg soms ‘n ontdekkingsreis wat jy moet maak. Ons mense is so gewoond aan die alledaagse dat ons nie altyd in staat is om dieper dinge raak te sien nie. Hierdie soeke na self kan in elke geval nie alleen gedoen word nie, maar jy het nodig om God te vra om die reis saam met jou te maak. ‘n eenvoudige gebed kan hiermee help:
Hemel Vader ek bid en vra dat U seblief U Heilige Gees saam met my op hierdie ontdekkingsreis sal laat gaan, sodat ek die volle waarheid van myself kan ontdek. In Jesus naam.
Sodra jy in waarheid teenoor jouself kan optree sal jy gou leer om dit teenoor ander mense te doen. Dus leer jy om ander mense te vertrou en hulle te aanvaar net soos hulle is. Hierdie aanvaarding gee dan geboorte aan liefde, dus eers liefde vir jouself en dan ook liefde vir ander. Verantwoordelikheid en aanspreeklikheid volg dan as gevolg van die liefde en waarheid waarin jy lewe.
Jesus het gesê:
…jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as die nie.
(Mark 12:30-31.)
As jy liefde, verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, aanvaarding,vertroue en waarheid kan uitleef verstaan jy intimiteit en is jy in staat om intieme verhoudings met God en ander mense te hê.
Ek dink ‘n mens kan Johannes 4:23 ook nou beter verstaan, want waarheid het te doen met intimiteit…
Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so aanbid.
(Johannes 4:23.)
Om intimiteit met God volkome te beleef, moet jy as mens iets baie dieper verstaan. God het jou lief!
Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou nog altyd liefgehad het, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
(Jesaja 43:4.)
Ja ek weet dit is soms baie moeilik om te glo of te begryp dat God jou so baie liefhet en dit net omdat Hy jou gevorm het diep in jou moeder se skoot.
Dit is hierdie besef en wete wat jou hele lewe sal verander – jou wese, jou denke…
Dit is nie ‘n begrip wat jy kennis van dra nie, of met jou kop verstaan nie, dit is ‘n liefde wat baie dieper strek as wat jy werklik kan begryp en dit ego diep binne in jou sonder einde “Ek het jou Lief… Ek het jou Lief… Ek het jou Lief… Ek het jou Lief…”
Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
(Jesaja 43:1.)
As ek maar net die woorde gehad het om dit beter te verduidelik, want hierdie verhouding tussen jou en God is iets wat jy moet leer om te koester. Lees meer oor hoe groot rol intimiteit in jou verhouding met God speel in Intimacy and Worship.
Like this:
Like Loading...