WELKOM
Hierdie webblad is tot eer en verheerliking van Die Een!!! Hy – die enigste Lewegewer – gee aan ons voortdurende lewe daagliks. Hy het die lewensasem in die mens in geblaas, maar deur die sonde het die mens gesterf. Hierdie Lewegewer het Homself toe gegee – Sy lewe opgeoffer sodat ons (die mensdom) kan lewe…
Sy naam is Jehovah, die Here ons God, die Almagtige!!!
(G)et to know the Giver of Life, loving life is impossible without loving Him. Loving life in a true and substantive way is not about loving my life, but instead loving the Author of Life!
(Matt Heard, 9-10 February 2008).
Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here! Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is (2 Petrus 1:2-4)
Ons bid dat God genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle baie vrede sal gee. Hy sal dit doen omdat julle vir God en Jesus ons Here reg leer ken het. God is sterk en het vir ons alles gegee wat ons nodig het om so te lewe dat ons Hom kan dien. Ons kan so lewe omdat ons Hom ken. Hy het ons gekies om aan Hom te behoort, want Hy is die Koning en doen groot dinge. Hoekom het God belowe om vir ons kosbare en baie groot dinge te doen? Dit is omdat Hy so groot en sterk is. Hy het dit gedoen sodat julle vry kan wees en kan ophou om die slegte dinge te wil doen wat die mense van die wêreld graag wil doen, dinge wat hulle laat sterf. Dan sal julle mense word wat soos God is en wat lewe soos Hy (2 Petrus 1:2-4)(Die Bybel vir Almal)
Mag jy Hom ook hier so ontdek…
Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur (Spreuke 25:2.)
Goeie dag
Wil ook weet hoe laai ek die afrikaanse vertalings af te laai. Ek het reeds die youversion app afgelaai
LikeLike
Hallo Stappie, youversion is die beste program. laai dit af met die foon se app installer (bv. playstore vir android). gaan na (https://lewegewer.com/2014/03/28/installeer-afrikaanse-bybel-weergawes-op-youversion/) om te sien hoe om die Afrikaanse vertalings af te laai.
LikeLike
Ek soek n bybel op die foon
LikeLike
Goeiedag
Ek het altyd jul eposse ontvang, en toe stuur ek een aan vir `n vriendin. Sy het die verkeerde knoppie gedruk en my `delete`.
Ek wou huil want het soveel male weer probeer aansluit. Kan julle asb vir my weer julle nuusbriewe en eposse aanstuur?
Baie dankie en ek wag in spanning
LikeLike
Dankie vir hierdie sielsverrykende blad
LikeLike
Dankie vir die lekkerheid wat jy sien in Sy heerlikheid en teenwoordigheid. Dit is diep lekker om net te lees van hoe iemand Christus lief het – sommer net omdat dit lekker is om Hom lief te hê.
Mag jou blog baie seëning en lewe uitdra.
LikeLike
Baie dankie vir die baie Woord…!
Oor Sy wederkoms binnekort…!
Mag God jou ryklik seën.
LikeLike
Was hierdie dan nie nou maar ‘n briesie vars lug na hierdie ongelooflike lang dag nie! Dis altyd lekker om na al die harde werk en dinge wat mense uiteindelik klaar maak, weer net te onthou dat daar net Een is wat ‘n mens dit als kon laat gebeur het.
Dankie!
LikeLike