Wie is ek

Hallo, ek is Thomas. Ek is gaande oor die natuur en is selfs verlief op die Skepper daarvan. Ek geniet en waardeer die lewe saam met Hom, my gesin en al my familie en vriende wat dit saam met my deel, want Hy is Die Lewegewer, my Lewegewer…

Ek studeer al jare lank Christelike teologie, en dit bly vir my baie sleg as mense soms deur moeilikhede gaan en verdwaal raak in moedsverlorevlakte. Ek het al baie gewonder oor hoe die lewe wat Hy my daagliks skenk ander mense deur my gaan raak, dan is daar elke nou en dan ’n nuwe realisering van hierdie lewe wat ek graag met ander wil deel.

Dus het ek begin “Blog”. Dus deel ek dit met ander want ek glo dit is deel van hoekom ek is, wie ek is…

Loof en prys Hom omdat Hy enige iets kan gebruik om hierdie ware lewe bekend te maak, al is dit om te blog!!

Ek hoop jy ontdek ook hierdie lewe en dat dit net meer en meer sal word sodat jy dit ook aan ander sal kan gee.

Kom gesels gerus saam.

 


 

11 gedagtes oor “Wie is ek”

  1. Hallo Charlotte
    Die werk wat julle doen klink wonderlik, maar ek verstaan nie waar ek inpas nie. Jy is welkom om my meer in te lig.
    Groete Thomas

    Like

  2. (hallo) Thomas,
    Ek wil graag elke dag vir ons tieners ‘n boodskappies stuur. Ek en my man is jeugleiers by ons kerk. Ek hou daarvan om dinge vir die kinders in maklike taal te gee. Hulle taal. Jeug is geneig om gou verdwaal te raak as alles vir hulle so gekompliseerd klink. So of ‘n christen altyd erenstig en bedroef is. Dit skrik hulle af. Ons probeer dit altyd eers vir hulle half funky hou om hulle opgewonde te maak om ons Skepper te loof,maar wys ook vir hulle om diep Geestelik te raak. Maar ja, soek self soms bietjie advies en raad om nuwe dinge te doen met hulle. Ons is elke vrydag aan die gang. Hou daarvan om demonstrasies of speletjies vir hulle gee,sodat dit nie soos ‘n sondag preek klink nie,maar hulle eerder uit die jolplekke te kry en hulle self saam met ons te geniet. Ek wil ook vir hulle boodskappies stuur wat oulik is,maar tog wys en om hulle aan te moedig.
    Groete

    Like

  3. Goeie middag Thomas. Ja, en toe beland ek ook toevallig op jou blog. Ek deel dieselfde blydskap in Jesus Christus. Het onlangs my blog begin, maar sukkel nog om dit reg op te stel.
    Ek wil graag ook my lewenservaringe met andere deel soos die Vader my lei.
    Beste groete

    Like

  4. Haai, dis net toevallig dat ek hier beland het. Ek het my man 5 maande gelede verloor. Hy het homself geskiet, en verlede nag het ek gedroom van ‘n ‘old age home martiens’. Name wat nie sin maak nie en toe val ek hier uit….

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

The Life-Giver

%d bloggers like this: