Kom ons bid

Elkeen van ons moet bereid wees om ‘n verskil te maak in alles waarin ons betrokke is. Leer om te bid vir jou omgewing – werk, huis, woonbuurt, vriende, familie ens.

Gebed is een van die belangrikste elemente in die proses van transformasie.

URGENCY for the well-being of the earth is born in the heart of God. The divine desire moves through the world, seeking to make all creatures radiant with goodness and alive with righteousness. True prayer includes every desire of our own that helps align us with this loving movement of the Spirit. Once we realize this, we are very close to prayer without ceasing (1 Thess. 5:17).

Robert Corin Morris
Wrestling with Grace

Kom deel jou gebede hier waar ander ook deel daarvan kan word en saam met jou kan bid.

Gebede vir familie en Vriende
Gebede vir ons Land

 


 

148 gedagtes oor “Kom ons bid”

  1. Maria, ons bid saam met jou. My hart breek ook vir mense wat deur moeilike omstandighede gaan. Ons bid vir jou en jou familie dat jul versterk sal word en bewus sal wees van God se teenwoordigheid en hoe Hy jul seën en ondersteun. Ons seën julle met teenwoordigheid en wysheid van die Heilige Gees.

    Like

  2. Ek is vandag n jaar single en dit wil my hart laat skeur. Ek het soveel keer gebid vir my eks en ekt ook in hierdie jaar wat verby was soveel verkeerde besluite gemaak van hartseer wees, soos drugs gebruik en met getroude mans kuier en sosiaal te drink. Ek voel goor oor my lewe ek bid elke aand nogsteeds vir my eks maar hyt 2 maande na ons uit is n nuwe girl gekry en 2 maande daarna was hy verloof. My hart wou sterf en ek kani aanbeweeg ni ek loop met n permanente hol kol in my hart. En my pa is ook 2 maande gelede oorlede en toe los ek my werk, nou bly ek en my kind by my ma. Ek bid vir die Here vir hoop en n werk wat my rerig sal gelukkig maak. Here help my asseblief om nooit weer sulke sondes te doen ni, hou die duiwel weg van my af. En ek bid vir n goeie man wat sal goed wees vir my en my kind. Ek bid nogsteeds vir my eks ek sal hom tot vandag toe vergewe as hy besluit om terug te kom, maar as dit nie die Here se wil is nie dan bid ek maar net dat dit sal goed gaan met hom. Here asb vat hierdie depressie weg ek voel siek van dit. Ek verdien nie veel nie want eks n sondaar, maar vergewe my asseblief en help my om nooit weer sonde te doen nie. Sal elkeen wat hierdie lees asb vir ons bid en mag die Here my gebede verhoor. In die naam van Jesus Christus ons verlosser. Amen

    Like

  3. kan u asb vir my bid?My naam is Cindy Pace. Ek het n maagseer en sukkel baie met my maag.Ek bly naar en vol gas voel nie lekker niks help.My buik is ook baie geswel.Was by dokter maar sy pille help nie.

    Dankie
    Cindy

    Like

  4. HI Johan hier, ek vra ook voorbiding vir ons besigheid en die mense se loon geld.ons glo by Konning Jesus is alles moontlik.Prys SY Groot Wonderlike Naam.JESUS

    Like

  5. EK WAS AAN ALKOHOL VERSLAAF nadt ek my werk in 2005 verloor het .2 jaar het my vrou vir my vas gebid .n verslafde het nie n wil van sy eie hy het die wilvan dit wathim beheer. Ds daan botha het my op 1 August 2017 na inrigting in kempton geneem .GOD het my 20 jaar nou verlos van drank .My vrou bid nog steeds vir my en ek vir haar ek is genees uit die hel……dis hel

    GOD haal my toe uit my kleingevoeligheid en ‘seerkry” eina en sorg dat ek n MSc en Phd met geld wat ek wie weet waar gekry het.HY het my weer menswaardig gemaak

    Like

Lewer kommentaar

The Life-Giver