Gebede vir ons familie en Vriende

Ons land het baie gebed nodig waar families en vriende uitmekaar spat, verhoudings verbrokkel en selfsugtigheid ons harte kom vul. Dit is in eenheid dat ons mekaar opbou en ondersteun.

En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
(Jakobus 5:15-16).

Kom ons bid vir mekaar.

 


 

63 gedagtes oor “Gebede vir ons familie en Vriende”

  1. liewe Here vandag bid ek uit my hart om my kinders te seen. gee brake die krag en uithou vermoe om alles te doen tot eer van u naam HERE SEEN HUL ASB HELP HUL OM HULP TE KRY VIR DIE DAG SODAT HY NA SY WERK KAN GAAN. HELP ASB HEER. EK GLO MET MY HELE HART DAT U VIR HUL ALLES SAL GEE OM U ONTWIL AMEN

    Like

  2. Johan ons bid saam met jou. Hemel Vader ons bid vir hierdie gesin en seën hulle met U teenwoordigheid, U rus, U vrede en U lankmoedigheid. Mag hulle gevul word met ware liefde en ontferming vir mekaar. Ons bid dit in Jesus naam, Amen.

    Like

  3. Goeie More
    Bid asseblief vir my huwelik en gesin.Ek is bitter baie lief vir my vrou en kinders,ek wil skei nie!!
    Vader ek kom in die naam van Jesus en bely my sondes,vergewe my deur U genade.Ek pleit by U om my huwelik te red.Gees van versoening,Gees van liefde en restorasie gaan heers in my vrou en ons gesin in die naam van Jesus.

    Like

Lewer kommentaar

The Life-Giver