Gebede vir ons familie en Vriende

Ons land het baie gebed nodig waar families en vriende uitmekaar spat, verhoudings verbrokkel en selfsugtigheid ons harte kom vul. Dit is in eenheid dat ons mekaar opbou en ondersteun.

En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
(Jakobus 5:15-16).

Kom ons bid vir mekaar.

 


 

63 gedagtes oor “Gebede vir ons familie en Vriende”

  1. Dankie Hemel Vader dat ons vir Liza se pa kan bid. Ons spreek U woord van genesing oor hom en in hom “ontvang die genesingskrag van Jesus soos Hy die krag van die Geilige Gees ontvang het en uit die dood opgestaan het”… AMEN
    En ons bid dat U sy vrou sal seën met krag, uithou-vermoë, rus, liefde en vrede. Wees U aan haar die Here van hulp wat hemel en aarde gemaak het, wat trou bly tot in ewigheid en wat nooit die werke van Sy hande sal laat vaar nie… Amen
    (Psalms 146:6)

    Like

  2. Ek vra gebede vir my pa wat aan ‘n ventilator gekoppel is en sukkel om te herstel. Bid asseblief vir sy vrou wat deur ‘n uiters moeilike tyd gaan!
    DANKIE!

    Like

  3. Dankie Heilige Vader dat ons Charlotte se ma aan U kan op dra! Ons seën haar met U liefde, vrede en kennis van U teenwoordigheid! AMEN

    Like

  4. Ek wens ek het geweet hoe om my ma se eensaamheid weg te vat. Ek dra haar op aan ons Hemelse Pappa. Maar my woorde raak leeg. Ek weet nie meer nie..

    Like

  5. Dagse almal

    Eks op soek na n gratis bybel (verkieslik ou vertaling) Eks getroud en ons het net 1 bybel (nuwe vertaling) Waar die probleem kom is my man sukkel om die nuwe vertaling te verstaan en ek word baie in die hospitaal opgeneem, dan het 1 een n bybel en die ander nie

    Ons het nie die geld 6 n bybel te koop nie, so ek sal opreg dankbaar wees as ek iemand kan kry om vir my man ‘n bybel te kan skenk

    Gods rykste seen.
    Groete,
    Dorothy
    531 Park Drive
    Margate
    4275

    Like

  6. “Wonderlike hemelse Vader, ek bid tot U in Jesus se naam dat U Ivan, Stephan se seun, deur U liefde sal aanraak, hom sal oortuig deur U Heilige Gees, dat alleenlik U die antwoord vir alle probleme is. Ek bid dat U Stephan en sy gesin, vriende en familie sal oproep tot ernstige gebed net soos die gelykenis in Lukas 18, waarin Jesus ons leer dat die mens moet aanhou bid sonder om moedeloos te word en dat ons soos die weduwee sal aanhou bid totdat U, U oor na ons sal neerbuig en Ivan sal uitlig uit sy posisie van wanhoop, net soos met die verlore seun. U se self in U Woord, dat U arm nie te kort is om te help nie. Ek vra U nederig Here, dat U vertroosting vir Stephan sal bring en dat hy alleenlik, op U, sal vertrou en sal glo dat U sy seun reeds aangeraak het. Amen”.

    Like

  7. Liewe Bettie le Roux. As ek jou versoek reg verstaan net kortliks die volgende. Lees gerus Lukas 11: 27-28 . U het sekerlik alles wat moontlik is as moeder vir u dogter gedoen. As mense is ons almal feilbaar, maar God nooit nie. Dra u dogter op aan Jesus Christus en vra Hom nederig en opreg in u hart om u geliefde dogter en haar toekomstige maat te lei. Elia was ‘n doodgewone mens, net soos u en ek, en die Woord vertel ons vele verhale hoe kragtig God hom gebruik het. Hy het op Hom vertrou en in Hom geglo. Wees rustig en doen dieselfde soos Elia. Gebede laat God werk. Sterkte en seen vir u en die familie.

    Like

  8. Beste Tessa. Lees Lukas 12:22-34 Jesus het alle mense lief en Sy genade is groot. Bepeins die woorde. Die Woord se ons ontvang nie, omdat ons nie bid nie. Wat egter baie belankrik is, dat ons dit moet glo, dat wat ons gevra het, ons dit sal ontvang. Die Woord se, soek eers die koninkryk, en al die ander dinge sal bygevoeg word. Volle oorgawe aan Jesus Christus sal vreugde, vrede en rus bring. Vertrou op die Here. Lees maar die wonderwerke wat Jesus vir mense gedoen het in Matheus, Markus en Lukas. Die meeste van hulle was nie kinders van God nie en tog het Hy deur Sy groot genade en liefde uitkoms aan hulle verleen. U sal dieselfde ondervind as u maar net op Hom vertrou. “Here, in U geliefde Seun se naam bid ek dat U Tessa sal oortuig in haar hart dat U die antwoord is en dat sy bereid sal wees om al haar laste aan U oor te gee net soos Jesus ons in U Woord gevra het. Vir U is niks onmoontlik nie. Dankie dat U dit gedoen het. Amen

    Like

  9. Beste Lientjie,
    Ek weet nie waarvoor jy ‘n wonderwerk nodig het nie, maar lees gerus Psalm 37:5 Toe ek in moeilike omstandighede verkeer het, het ‘n broer in Jesus Christus een aand, baie laat, bogenoemde vers vir my gestuur. Ek het dit oor en oor bepeins en die belofte aan myself toegeeien en onwrikbaar daarin geglo en ek het uitkoms en seen ontvang, meer as wat ek gevra het. Ons hemelse Vader is nie ‘n leuenaar nie, soos Sy Woord se en daarom weet ek dat elke belofte wat Hy in die Woord gemaak het, dit nagekom sal word.
    Het u Jesus Christus al aangeneem?
    “Vader, in Jesus se naam kom ek nederig en opreg tot u en pleit by U dat U Lientjie sal aanraak deur U groot liefde en genade.U ken haar omstandighede, haar hart en haar ,gedagtes. Dalk het U hierdie nood waarin sy verkeer tot stand gebring sodat sy haar tot U moet wend en U te ken in alles, soos U Woord ons leer.Ek pleit dat U haar sal optel, U rus en vrede sal gee.

    Like

  10. Beste Leo,
    Ek was bevoorreg om gedurende 2009 Nederland te besoek vir ‘n Christelike konferentie saam met evangelist Arjaan Baan van Heartcry en twee predikante vanuit Suid Afrika. Dit was wonderlik om te sien en te ervaar, hoeveel mense hul harte aan Jesus gegee het.
    Die boek Johannes in sy geheel is wonderlik.
    Korrespondeer gerust.
    Jesus liefde

    Like

  11. Hoor asb my uitroep om asseblief te bid om algehele genesing van my boetie Chris. Chris was betrokke in ‘motorfiets ongeluk twee weke gelede. Chris het kopbeserings opgedoen en was besig om goed te herstel en het toe in septiese skok gegaan. Ek pleit asb vir julle gebede

    Like

  12. Ek groet een en elkeen in dai oorwinnings Naam van Ons Heer en Meester ! Ek kom vandag en vra dat julle saam met my moet bid ,ek vertrou die Here vir groot dinge my Geloof is groter as ek self dit groei net elke dag.Ek het finansiele probleme ,My man werk nie en ons sukkel om kop bo water te hou.So ek vertrou bid saam met my vir my en my familie

    Like

  13. Ek versoek die gemeenskap om asb ernstig te bid vir my seun ivan wie `n kunstenaar in Griekelad is en wie selfvertroue verloor het. Ek vra self ook dat die Hemelse Vader hom lei na `n plek in sy geloof waar sy lewe weer sinvol word.

    Like

  14. Beste broeder Thomas,
    Mijn naam is Leo Coenraad, ben 48 jaar getrouwd en heb 2 dochters Debbie en Wendy en 6 kleinkinderen. In augustus hoop ik, als GOD het wil, 70jaar te worden.

    Ik wil GOD en U danken. GOD wil ik danken dat HIJ mij naar Uw site heeft geleid en U wil ik danken voor al wat U heeft geschreven. Het heeft mij aangeraakt. Ik heb nog niet alles gelezen maar geloof me ik zal het doen. Door Uw schrijven ben ik weer meer aan GOD gaan denken. Ik was aan het verkillen en nu richt ik mijn ogen, mijn oren, en mijn denken weer op HEM.
    Dank U Vader, zegen Thomas en zijn familie. Geef hem de kracht en de wijsheid om verder te gaan en wees zijn hoeder in Jezus naam. Amen.

    Vriendelijke groeten, Leo

    Like

  15. Hemelse Vader ons bid saam met Rinda vir haar man en vra dat u in hom sal bly werk tot dat dit wat u in hom wil vorm voltooi is. Ons bid vir u genade en liefde om altyd deur teenwoordig te wees in Rinda en haar man se Huwelik…
    Amen

    Like

  16. Beskerm my familie en vriende

    Heilige God en Vader
    Beskermer van elke mens en volk
    Beskerm my familie en vriende
    Teen geweld en pyn,
    die boosheid van ander
    en die wapens van haat
    wat pyn en vernietiging bring.

    Waak saam met elkeen
    teen die dade van boosdoeners.
    Skenk hul U hand van beskerming,
    U rus en vrede.

    In Jesus Naam.
    Amen.

    Like

  17. Here, Hemel Vader, ek dra vandag my Familie aan u op. Ek bid vir wysheid en krag om staande te bly en vra dat U hulle sal beskerm in hierdie tyd van beproewing.

    Ek bid vir my ouers. Here u weet beter as ek wat hulle nodig het ook weet ek dat die lewenstryd wat hulle mee stoei baie uitputtend is. Bring u rus en vrede daar waar hulle dit nodig het en bevestig u Vaderskap met elkeen van hulle sodat hul met vrymoedigheid na u troon van genade sal gaan en daar barmhartigheid en genade kan vind.

    Ek bid vir my sus en swaer wat met pyn, siekte en teleurstelling in ‘n put van moedeloosheid geskop is. Vader wees ‘n pappa vir hulle en trek hulle nader uit die put van moedeloosheid. Bring genesing en versterking in hulle lewens.

    Here ek is beskikbaar om hierdie voluitslewe met hulle te deel, lei my om dit volgens u wil te doen.

    Skenk ons u lig en u waarheid Here, laat die ons lei…

    Like

  18. Ek bid vir die huwelik van twee van my vriende:

    Here leer my om u liefde uit te leef elke oomblik van my lewe! Skenk my u krag en genade om hierdie mense by te staan wat verlore geraak het in die pyn en vrees van die lewe. Here kom omvou hulle met u ware liefde wat alle pyn en vrees vernietig en trek hulle nader aan u.

    Bid saam met my vir harte wat weer honger en dors na ons Here sodat hulle die HERE sal aanroep en nuwe lewe in Hom sal ontdek…(Psalm 107).

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

The Life-Giver

%d bloggers like this: