HOOP?!


Hoop in ‘n hopelose wêreld… Te veel mense het hierdie jaar hoop verloor, omdat ons fokus verskuif het na honderde of selfs duisende ander dinge inplaas van Jesus Christus. Ek het vanoggend weer hierdie boodskap vanaf Christ Alone Ministries gelees en gedink dat meer van ons mense nodig het om Hom (Jesus Christus) ons fokus en dan ook ons hoop te maak:

ONS HOOP IS JESUS CHRISTUS ALLEEN

By talle geleenthede het ek gehoor dat mense sê dat ons hoop in Jesus Christus is. En hoewel dit net ‘n fout kan wees, kan dit verrykende gevolge hê, want ons hoop is nie in Christus nie, maar ons hoop is Jesus Christus. Hoop is nie iets wat Jesus gee nie, maar hoop is ‘n deel van wie Jesus is.

Baie mense het in die laaste tyd hoop verloor. Baie voel hopeloos in hierdie hopelose tye waarin ons leef. Maar sou ons vanuit ‘n Bybelse perspektief kyk, sal ons sien dat hierdie “hopeloosheid” ‘n teken is van wat ek “Christusloosheid” wil noem. In Efesiërs 2:12 sien ons dat daar ‘n tyd was dat hulle sonder Christus was. Later in dieselfde skrif staan ​​dat hulle sonder hoop en sonder God was. Sonder Christus beteken dan ook dat hulle sonder hoop was.

Paulus skryf aan Timoteus en verwys na ons Here Jesus Christus as ons hoop. (1 Timoteus 1: 1) Aan die Kolossense skryf Paulus van Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid. (Sien Kolossense 1:27) Titus verwag die salige hoop in Titus 2:13.

Hoe word ons dan hoopvol of hoe word ons hoop herstel? Jesus Christus is ons hoop. Daarom, deur Christus in ons toe te laat om Homself in ons te openbaar, sal ons nie net hoopvol wees wanneer ons moeilike tye tegemoet gaan nie, maar ons sal ewig-blywende en steeds groter wordende hoop hê.

Die Woord sê: “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.” (Johannes 14:1) Laat ons nie sonder hoop bly nie, maar laat ons Hoop (ons Here Jesus Christus) permanente verblyf gee en binnekort sal ons nie net lig aan die einde van die tonnel sien nie, maar ons sal omring word deur die lig, wat ons Here Jesus Christus is. (Johannes 9: 5)

Keith Getty en ander het die lied “Christ Our Hope in Life and Death” geskryf. In vers een vra hul: “What is our hope in life and death?” en dan antwoord hul: “Christ alone, Christ alone.” Adrienne Camp het die lied “In Christ Alone” gskryf. In die eerste reël vind ons ‘n groot waarheid: “In Christ alone my hope is found”

Laat ons die Here van hoop, wat nie hoop gee nie, maar wat hoop is, toelaat om ons hopeloosheid te verander in ‘n hoopvolle lewe en ‘n hoopvolle toekoms. Laat ons Jesus Christus ons enigste hoop in ons lewens toelaat, om van binne te regeer.

Groete,

Johan Terblanche
Christ Alone Ministries

AFRIKAANSE 1933/1953 volledige oudio Bybel in MP3 formaat


Hierdie is ‘n produk wat beskikbaar is by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

ISBN: 9780798223256

Kategorie: Afrikaans – 1933/1953 vertaling

  • 1933/1953 vertaling
  • volledige oudio Bybel
  • MP3-formaat op USB-geheue
  • enkelstem opname (nie gedramatiseer nie)
  • hierdie Bybel is waarlik vir almal

    Prys: R259,00

Kliek hier om dit te bestel.

 

Freedom from the law


Paul, for example said that the believer is no more under the law, but under grace. The believer is thus walking above the law, following it as a path, being guided by the Spirit. Only when he breaks the law will he be under the law. The believer will also, through grace and forgiveness, be enabled to break free from the bondage of the law and will then be lifted above the law again.

The believer is thus not lawless, but following the law of the Spirit, which is superior to the law as the Spirit enables the believer to obey God’s law and teachings (Ezekiel 36:25-29).

Die leuen van die lewe


Ons wêreld val uitmekaar en elkeen moet net alles in sy of haar vermoë doen om te oorleef en om alles wat na ‘n mens gegooi word te kan hanteer. So word die lewe net ‘n gejaag na wind, soos Prediker ons leer. Oorlewing is nie ‘n doel nie, maar ‘n valse sekuriteit wat ons mense net besig hou met hul eie probleme en omstandighede. So word ons mense dom en onsensitief en verloor hulle die vermoë om werklik deel te neem aan die lewe. Hulle kan nie meer nuwe dinge leer of korrek verwerk nie, want die filter van die eie ek verhoed dit. So sukkel hulle want intimiteit, liefde, vrede en vreugde is nie meer deel van hulle lewens nie. Hulle karring maar net voort sonder om die lewe te verstaan of te geniet.

Ons lees in die Bybel (Psalms 37:4) dat vertrou in die Here ‘n sleutel is tot baie dinge, dit maak ons sterk en gee ons krag tot goeie werke, dit stel ons in staat om bo alle omstandighede uit te sweef (Jesaja 40:31) en om te heers oor alles.

Om hierdie sleutel van vertroue te bekom moet ons eers ‘n ander waarheid ons eie maak. God ken elkeen van ons en het ons lief met ‘n onvoorwaardelike liefde. Wanneer ons hierdie waarheid met ons hele wese aanvaar ontvang ons die sleutel van vertroue in die Here.

Lewe en dinge


Net wanneer jy begin dink dat die lewe nie rowwer of moeiliker kan word nie dan is daar ‘n paar gebeure wat jou heeltemal onderstebo vee. Dit was vir my in die vorm van finansies, verhoudings, werksomstandighede en studies.

Ons kan so maklik ons vertrou in mense en finansies plaas. Dit het my laat dink aan die Bybel wat sê dat ons nie moet vertrou op besittings, perde en struidwaens, mense wat jy ken en ook nie op jou kennis en verstand nie, maar slegs in die God wat alles gemaak het.

Jy moet met jou hele hart glo dat God jou altyd sal help, jy moenie dink dat jy self weet wat om te doen nie. Jy moet vir God vra om jou te lei in alles wat jy doen, dan sal Hy jou altyd lei. Jy moenie dink jy het die wysheid nie, jy moet die Here dien en jy moenie verkeerd doen nie. Dan sal jy heeltemal gesond bly en jy sal elke dag nuwe krag kry (Spreuke 3:5‭-‬8 ABA).

Party mense dink oorlogkarre help hulle om te wen, ander mense dink perde help hulle om te wen, maar ons weet dit is ons God die Here wat vir ons help (Psalms 20:8 ABA).

Mense wen nie ‘n oorlog omdat hulle perde het nie, mense word nie vry omdat hulle perde sterk is nie (Psalms 33:16‭-‬17 ABA).

Toe die God van Jakob gepraat het, kon die soldate op perde en oorlogkarre niks doen nie (Psalms 76:7 ABA).

Moses het gesê: “Wanneer julle gaan oorlog maak teen julle vyande en julle sien die perde en die oorlogkarre en manne wat meer is as julle, dan moet julle nie bang word vir hulle nie, want julle God die Here is by julle, julle God die Here wat julle uit die land Egipte gebring het (Deuteronomium 20:1 ABA).

Julle moet alles gebruik wat God vir julle gee om aan te hou oorlog maak teen die duiwel. Hy maak baie skelm planne teen julle (Efesiërs 6:11 ABA).

Theology on the web


totw-logo

Theology on the web is making high quality theological material available freely throughout the world, thus providing Bible teachers and pastors with the resources they need to spread the Gospel in their countries. This is achieved by:

  • Digitising and uploading in co-operation with authors and publishers, rare and out-of-print theology books and articles.
  • Over 35,000 articles are now available for free download.
  • Providing detailed bibliographies for Seminary level students and ministers.
  • Providing a single cross-linked resource made up of seven websites, some of which are under development.

Ons God is ‘n verterende vuur


Ons God is ‘n verterende vuur van liefde, heiligheid en geregtigheid. Die wonderlike ding is dat hy as ‘n smelter en reiniger sit. Hy is ‘n goeie God wat die vermoë het om absoluut alles te vernietig, tog kies Hy om dit nie te doen nie, maar om te reinig. Die vrees, haat en wrewel word vernietig in die vuur en liefde, vrede, vreugde en respek is dit wat agterbly. Lyding is deel van die lewe, maar dit kan meer wees, dit kan ook deel wees van ons heiligmaking.

Wandel waardig


Ons het so pas ‘n studie van Efésiërs voltooi. Die deel wat vir my uitgestaan het handel oor keuses. Hierdie keuses moet so gemaak word dat jy waardig wandel in die roeping waar toe God jou geroep het. Daar is die algemene roeping waar toe elke gelowige geroep is en dan ook iets meer spesifiek.

Efésiërs fokus op die wandel in geregtigheid, reinheid, opregtheid, liefde, wysheid en die wandel in die lig. Al hierdie is deel van die algemene wandel, maar elkeen word ook geroep tot ‘n spesifieke wandel. Hierdie spesifieke wandel gaan meer oor jou menswees, waarvan jy hou, en ook hoe jy dinge uitleef. Daar is ook die gevalle waar die duiwel kom steel het, en juis hierdie ding in ons as ‘n vrees in plaas van ‘n passie kom verander het.

Paulus se opdrag om in wysheid en lig te wandel is juis gedoen om lig te skyn op die leuns van die duiwel. Dit moet dus hierdie leuns aan die gelowiges bekend maak sodat dit nie meer kragtig in hulle kan werk nie. Dit stel dan die gelowiges in staat om hulle spesifieke roepings uit te leef.

Daar is dan ook die opdrag om in wysheid te wandel, wat ten doel het dat die gelowiges in wysheid en begrip moet lewe, in plaas van net kennis.

Dit is dán wanneer die gelowiges waardig wandel tot hul roeping.

Waar kom Kersfees vandaan?


lantrens

Die meeste mense dink verkeerdelik dat Kersfees ontstaan het uit ‘n klomp heidense feeste. Baie onkunde bestaan oor die ontstaan en tradisie van hierdie fees. Dit is gewoon nie waar dat Kersfees vanuit ‘n heidense agtergrond begin het nie. Die grootste deel van die vorm daarvan en inkleding kom uit ‘n bepaalde Ou Testamentiese (OT) fees.

VOOR CHRISTUS (V.C.)

Die wortels en betekenis van Kersfees lê in ‘n fees wat deur gelowiges gehou is lank voor CHRISTUS se tyd.

In 168 V.C. het die Siriese Griek, Antiochus Epifanus, Jerusalem binnegeval en die tempel ontheilig deur onder meer ‘n standbeeld van Zeus daarbinne op te rig en varke op die altaar te offer, die varkvet op die boekrolle van die OT Bybel en tempelgoedere te sprinkel en die tempel sodoende te verontreinig. JESUS verwys na hierdie gebeure in Mat 24:15 as die “gruwel van verwoesting”. (Vgl. Daniël 9:17 ens.). Die Joodse gelowiges van die OT word in daardie tyd selfs gedwing om varkvleis te eet. Die opstand wat hierop gevolg het, staan bekend as die Makkabeër opstand onder leiding van die seuns van Matatias. Hierdie gebeure gee aanleiding tot die grootste deel van die boek van Daniël.

Deur die Makkabeër opstand slaag die Jode (Judas Makkabees) daarin om Jerusalem te herower van die Siriërs en op die 25 ste Kislev (kom met min of meer met ons maand Desember ooreen) in 164 V.C. word die tempel weer gereinig. Hierdie wyding van die tempel word later in ‘n fees herdenk wat bekend staan as die Chanoeka en tot vandag toe word dit deur die Jode gevier. Op watter dag? Die Oosterse ekwivalent van 25 Desember: Op watter dag is die tempel ontwy deur Antiogus? 25 Kislev 167 V.C. Onthou dat die Oosterse jaarkalender van die Westerse jaarkalender verskil. (Die Oosterse berekening van die jaar word met die maan gedoen, terwyl die Weste ‘n vaste siklus het volgens die son. Dit neem ‘n uitvoerige afsonderlike bespreking om dit te verduidelik.) Chanoeka word gevier van 25 Kislev tot 2 Tevet as Kislev 30 dae het, en tot 3 Tevet as Kislev 29 dae het. Dit kan voor, op of na die 25 Desember val omdat die Joodse kalender volgens die maan bereken word.

Die fees staan in die Ou Testamentiese tyd al bekend as die fees van die ligte, die Chanoeka, of die fees van die tempelwyding. Almal wat dit bygewoon het, het kerse en ligte en lampe gedra op pad na die tempel. Palmtakke en ander takke is rondgeswaai. Hoe is die fees van die tempel se inwyding dan in verband te bring met ligte en lampies? Die ligte word aangesteek om die wonderwerk te herdenk van die klein kruikie heilige kandelaar olie wat in die tempel ontdek is nadat die heidene uit die tempel gedryf is en wat agt keer langer gebrand het as normaalweg tot tyd en wyl die nuwe heilige olie voorberei kon word. Dit is die wonderwerk van die olie wat so lank gehou het, wat die Goddelike bevestiging en seël was op die her-ingebruikname van die tempel, wat gevier is met die Chanoeka fees. Die ligte simboliseer hierdie vryheid.

Die olie self was in die Ou Testament beskou as die simbool van die GEES van GOD. הוהי חוך . Die sewevoudige kandelaar (minora) is heeltyd onafgebroke in die tempel gebrand. As u Ex 25:31-35 lees sal u sien dat die kandelaar soos ‘n amandelboom en dié se takke moes lyk. Daarom is die ligte wat aan die boom hang, direk te verbind aan hoe die kandelaar daaruit gesien het.

‘n Kenmerk van die fees, voor CHRISTUS se tyd al, is die vrolike atmosfeer (1 Makkabeus 4:56-59) en die geskenke wat die Jode aan mekaar gegee het. Die fees word begin deur eers een kers na sononder aan te steek in die gesin. Elke verdere aand word kumulatief nog ‘n volgende kers aangesteek totdat daar met die agtste aand agt kerse brand. Ook lampe is voor die huise aangesteek. In die tempel word die Hallel gesing (Psalm 113-118) wat ook tydens Paasfees deur alle tye gedoen word. Hierdie Chanoeka fees wat op die 25 ste Kislev (Desember) gevier is, dien as agtergrond van Johannes 10:22, Johannes 8:12, en Psalm 30. Onnodig om te sê dat kinders, reg van die begin af, hierdie fees die meeste geniet het. Die fees was so gewild dat geskiedskrywers beskryf hoedat dit in die aand gelyk het of Jerusalem aan die brand was. Soos wat die mense op pad aangestap het na Jerusalem met hulle brandende lampies, is die hele omgewing in een sprokiesland omskep. Geskenke is vir die kinders versteek in die huise en op ‘n gegewe tyd moes hulle daarna begin soek. Onthou, ons praat van die fees in die Ou Testamentiese tyd en kan aanvaar dat die kind JESUS ook hierdie fees gevier het.

JESUS CHRISTUS van Nasaret is die vervulling van die Wet. In Hom het die hele Ou Testament profeties in vervulling gegaan. Ook die Chanoeka fees, die Fees van die Ligte, die fees van die Tempelwyding.

NA CHRISTUS (N.C.)

Na JESUS se hemelvaart het die dissipels besef dat Hy die ware Tempel is soos Hy gesê het, en dat die ware Lig in Hom alleen is. GOD met ons. Matthéüs 1:23 : “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmanuel noem, dit is, as dit vertaal word: GOD met ons.” Die fees van die tempelwyding van die Ou Testament het hulle in die CHRISTUS vervulde vorm van die ware tempelwyding gevier. JESUS se menswording is van toe af herdenk op dieselfde dag as die ou fees van die tempelwyding of fees van die ligte. Kersfees was aanvanklik nie te verstaan as die letterlike geboorte van JESUS nie, maar dat JESUS as die Tempel van GOD en die ware Lig na die aarde gekom het. In daardie sin wel die menswording of geboorte.

In die vroeë Kerk is die geboorte van JESUS op hierdie dag, 25 Desember gevier en agt dae daarna die besnydenis van JESUS (in nomine Jesus) op 1 Januarie. Kersfees is vooraf gegaan deur vier Adventsondae, 1. ad te levavi (Ps 25:1). 2. populus Sion (Jes 30:19). 3. gaudete (Filippense 4:4) en 4. rorate coeli (Jesaja 45:8). Die Oosterse Kerk vier ‘n verdere epifanie fees op die 6 Januarie (Matthéüs 2:1-12).

Die Kersboom-gebruik het waarskynlik ontstaan omdat die ligte / lampe in hierdie feestyd aanvanklik aan ‘n amandelboom buite die huis opgehang was (onthou die minora in die vorm van ‘n amandelboom!) en later binne in die huis ingebring is. Soos wat die Christendom in Europa inbeweeg het, het die soort boom verander.

Natuurlik kan alles rondom Kersfees ook op ‘n wêreldse manier verdraai word en die ware kern daarvan misgekyk word. Ons glo dat ons erkenning moet gee vir diegene wat in CHRISTUS ook gewerk en getuig het. Dit bring ons by Kersvader. Die weldoener by uitnemendheid naamlik, (Sint) Heilige Nicolaas (280-345 N.C.) uit die Grieks-Ortodokse geskiedenis, se optrede is ineengeweef met hierdie dag omdat hy altyd geskenke aan kinders en minder bevoorregtes uitgedeel het. Hy was ‘n werklike gelowige wat soveel verrig het dat hy vir altyd onthou word in die Kersvader figuur.

Aanvanklik was ek van mening dat die ronde krans wat sommige mense op hulle voordeure in die Kerstyd sit, van heidense oorsprong was soos wat destydse heidene in die misteltakke (voëlent takke, Eng. “mistletoe”) geglo het. Hierdie heidense gebruik was geleë in die ritueel om mirte blomme en takke deur die Druïdes (heidense priesters van die ou Germane) met ‘n goue sekel op ‘n bepaalde tyd te sny vir allerhande rituele gebruike.

Navorsing oor die Boek Ester (wat die Hebreeuse naam Hadassa, dit beteken mirre, gehad het) het nuwe inligting oor die gebruik van mirre in die Kerstyd vir my ontsluit. Die Europese ekwivalent van mirre is die mirteboom, waarvan die “mistletoe” bloeiwyse van dieselfde familie is. Die gebruik om goud, wierook en mirre met Kerstyd as simbole van JESUS se geboorte te vestig, het uiteindelik gelei tot die gebruik van die Europese mirre op die voordeure van gelowiges in die vorm van die kransie.

LIEDERE

Die twee mees bekendste liedere rondom Kersfees is “Gloria in excelcis Deo” n.a.v. Lukas 2:14 en “Stille nag, heilige nag”. Eersgenoemde is al gesing so vroeg soos die 2de eeu N.C.

“Stille nag, heilige nag” het op 24, 25 Desember 1818 sy beslag gekry toe ‘n priester, vader Joseph Mohr van Hallein (Oostenryk) ontbied is na ‘n arm vrou wat geboorte geskenk het aan ‘n kind. Die ouers het gevra dat hy die kind moet kom seën. Hy het na die baba gegaan en was so aangeraak deur die moeder se geloof, dat, toe hy die aand terugkeer, en sien hoe fantasties die ligte lyk van die mense wat met hulle lampe na sy Kerkgebou toe vir die Kersfees op pad was, hy die onverbreeklike verband met JESUS se eie moeder en die geboorte van haar Kind op ‘n besondere manier ervaar het. Hierdie inspirasie het gelei tot die woorde van hierdie lied nog daardie selfde aand. Die volgende dag 25 Desember 1818 het sy vriend en musiekonderwyser, Frans Xavier Gruber, die wysie binne ‘n uur gekomponeer en “Stille Nag” is dieselfde dag in die erediens gehoor!

Deur Willie Prinsloo

KERSVADER

Sint Nikolaas is gebore ongeveer 280 N.C. in Patara, Lycia, ‘n gebied wat deel uitmaak van hedendaagse Turkye. Hy het albei sy ouers as ‘n jong man verloor en na bewering sy erfenis gebruik om die armes en siekes te help. Hy was ‘n baie goeie man en het ‘n reputasie gehad om die armes te help en geheime geskenke aan mense te gee wat dit nodig gehad het. Hy was ‘n toegewyde Christen en het later as biskop van Myra gedien, ‘n stad wat nou Demre genoem word. Die roem van die heilige Nikolaas van Myra het skielik gegroei na sy gevangenis en die daaropvolgende dood (345 N.C.) in die hande van die Romeinse Keiser, Diokletianus. Reeds in die sesde eeu is kerke in sy eer in Europa gebou. Teen die Middeleeue het hy die beskermheilige van beide Griekeland en Rusland geword. Toewyding aan Nikolaas het gedurende die Protestantse Hervorming van die vyftiende eeu afgeneem. Slegs in Nederland, alhoewel ‘n Protestantse volk, is die legende van Nikolaas in stand gehou en gevier. Die Nederlanders het sy feesdag op 6 Desember behou as die tyd om geskenke te bied aan kinders wat hul skoene die nag van te vore uitgelaat het. Dit was die Hollanders wat die gebruik van “Santa Claus” die wêreld in versprei het. Teen die middel van die negentiende eeu was dit die fokus waaroor Kersfees gedraai het (Ensiklopedie van Wêreldbiografie, 2004. St. Nikolaas. The Gale Group Inc.).

 

Opgedateer van ‘n plasing in 2009.

 

Die Mens, God se Erfdeel


desktop2

Ons is Syne, duur gekoop met Jesus bloed!!!

The Life-Giver

%d bloggers like this: