Tag Archives: #AFRIKAANS

BYBEL OP JOU REKENAAR


NUWE WEERGAWE VAN HIERDIE INLIGTING IS HIER BESKIKBAAR

Daar is baie inligting oor die Bybel op die internet beskikbaar en jy kan die Bybel op jou eie rekenaar aflaai. Ek sal ‘n paar programme en webblaaie voorstel.

E-SWORD

Hierdie is seker die mees eenvoudigste en maklikste program om te gebruik. Vir die van julle wat op Windows werk is die program gratis – gaan na E-sword om die  program af te laai. Installeer eers die (.exe) program en herstart jou rekenaar. Bybel vertalings, Woordeboeke, Kommentare ens. kan sommer vanuit E-sword self afgelaai en installeer word, kliek net op ‘download’ in die boonste menu. Dus benodig jy eers net die e-sword program. Daar is verskillende vertalings in ‘n hele paar tale beskikbaar – ook Die Ou Afrikaanse vertaling (AOV)… Laai dus af wat jy benodig…

As jy ‘n apple mac het moet die E-sword program hier ( e-sword.net/mac ) afgelaai word…of by apple apps store. Die program moet aangekoop word teen ‘n bedrag van $10. Bybel vertalings, Woordeboeke, Kommentare ens. kan dan ook vanuit E-sword X self afgelaai en installeer word, kliek net op ‘download’ in die boonste menu.

Die Nuwe Afrikaanse Bybel (ANV) is nie gratis nie, maar kan teen ‘n koste van $4.99 tot $10.00 installeer word (prys hang af van jou sagteware platvorm).

Baie mense het laat weet dat hul nie die ANV kan aflaai nie, indien jy ook daarmee sukkel, kontak my gerus.

Kliek hier om te sien hoe meer Bybels, Kommentare, Woordeboeke, Dagstukkies ens. in e-sword installeer kan word.

E-sword kan ook redelik goed op Linux werk met ‘n bietjie moeite. Volg hierdie stappe om e-sword op Ubuntu te installeer.

‎YOUVERSION

Hierdie program kan slegs op Windows 8 en 10 installeer word. Dit is gratis en het ‘n groot verskeidenheid Bybels in ‘n hele klomp tale soos Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Duits ens. beskikbaar.

 

BIBLETIME

Dis nou vir die van julle wat op Linux of Mac werk. Daar is ook baie goed om af te laai soos Bybels, Boeke, Kommentare ens. in Afrikaans, Zulu, Engels en ander tale.

BibleTime is nie meer in die “Ubuntu Software Center” beskikbaar nie, maar kan nog steeds installeer word deur die “terminal”. Om die “terminal” oop te maak: Ctrl + Alt + t.

Tik die volgende na die $ in: sudo apt-get install bibletime
Tik dan jou ubuntu wagwoord in, onthou dat jou wagwoord nie vertoon word as jy dit in tik nie. Volg dan die instruksies en tik ‘y’ om te installeer.

 


SELFOON BYBELS


Nuwe weergawe van hierdie inligting is hier beskikbaar

You Version

Hierdie is volgens my die beste keuse sagteware vir “smart-phones”; Want dit is gratis en het ‘n groot verskeidenheid Bybels in ‘n hele klomp tale soos Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Duits ens. beskikbaar.

Hierdie is ‘n “Web gebaseerde” program en internet toegang word benodig… tog kan meeste van hierdie Bybels ook afgelaai word en op jou selfoon gestoor word. Sodra ‘n Bybel op die foon gestoor is kan die Bybel sonder internet toegang gebruik word. Al die Bybels is verniet. Die nuutste weergawe van die program het wel stadiger geword, maar is baie eenvoudig en funksioneel.

Die youversion program moet eers installeer word en daarna kan die ander Bybelvertalings afgelaai word. Die van julle met Android, Java, Palm OS, Blackberries, Windows mobile en Apple iPhone of iPad kan sommer hier kliek om die youversion program te installeer.

Kliek dan hier om te sien hoe om die Afrikaansevertalings te installeer.

 

Olivetree

Afrikaans BibleReader 1983 van Olivetree kan maklik afgelaai word, maar sal jou ongeveer $10.00 kos… Daar is ‘n hele klomp Bybels en ander boeke wat verniet afgelaai kan word.
Hierdie is ook ‘n baie goeie program en is beskikbaar vir die volgende platforms:

  • Android
  • BlackBerry (met kaart)
  • iPad
  • iPhone
  • Palm OS 5.x
  • Symbian Series 60 v1
  • Symbian Series 60 v2
  • Symbian Series 60 v3
  • Symbian Series 60 v5
  • Symbian Series 80 v2
  • Symbian UIQ 2.x
  • Symbian UIQ 3.x
  • Windows Mobile Professional/Pocket PC
  • Windows Mobile Standard/Smartphone

Cellphone Bibles

Ander Selfone

Selfoon Bybels is ook vir die nie so “smart” selfone beskikbaar in Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu. Dit kan sommer vanaf jou foon afgelaai word by die Bybelgenootskap van Suid Afrika (http://m.bibles.co.za).

 

Die volgende vertalings is tans beskikbaar:

  • Afrikaans 1933/53;
  • Afrikaans 1983-vertaling;
  • Afrikaans Die Bybel vir Almal;
  • Engels King James Version;
  • Noord-Sotho 1951-vertaling;
  • Suid-Sotho 1909-vertaling;
  • Tswana 1908-vertaling;
  • Tswana 1970 hersiene vertaling;
  • Xhosa 1975-weergawe;
  • Xhosa 1996-vertaling;
  • Zulu 1893-vertaling;
  • Zulu 1959-vertaling;
  • Nuwe Testament en Psalms 1986-vertaling.

Vir meer inligting gaan na die Selfoonbybelhandleiding.

 

Ander webblaaie waar selfoon-Bybels ook afgelaai kan word is:

Meer inligting oor die Bybel kan ook by Blue letter Bible gevind word! (Nie in Afrikaans nie). Blue letter Bible het nou ook ‘n “Bible App” vir iPad en iPhone beskikbaar.