Tag Archives: #MMC DVD CD Orders

‘MIGHTY MEN’ KONFERENSIE (MMC) 2008


HALLELUJAH! Die MMC 2008 was hierdie naweek gewees. Dit was selfs meer asemrowend gewees as wat ek kon dink…

Vir meer inligting oor ander optredes, die bestelling van boeke en DVD’s gaan na MMC 2007 / 2008.

Die Tema was: Dying to Live

Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
(Gal.2:20).

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
(Joh.12:24).

Ons het Donderdag nag die bus gekry en in die eerste paar minute van Vrydag oggend vertrek na Greytown…

Sewe uur Vrydag oggend kom ons Shalom plaas ingery. Daar is reeds hier en daar ‘n tent of karavaan. Ons het die bus uitgepak, kamp op geslaan, ‘n vinnige ontbyt aanmekaar gesit en ‘n bietjie ontspan…

Later het ons gaan uitvind wat ons “duties” as kosspan was, en Helder Oranje beffies gekry om aan te trek, vinnig is ons opgedeel in groepe met seksie leiers en al… so het ons naweek begin!

Wat vir my die hardste getref het hierdie naweek is die begrip van "commitment". Angus het baie gepraat daar oor. Ek was in die kosspan gewees en ons het nogals hard gewerk en daar het ek ook weer die belangrikheid van samewerking en verantwoordelikheid besef. Dit is slegs deur "commitment" wat ons volkome samewerking bereik en word afsonderlike verantwoordelikheid ‘n kragtig "tool" wat inspireerend en opbouend is.

Daaglikse stiltetyd is die sleutel tot die "commitment" wat ons met ons Here en God moet hê, maar tog is dit iets wat ons maklik afskeep. Gou-gou ‘n versie en ‘n gebedjie is nie stiltetyd nie. Ek het besef dat ek net soms werklik stiltetyd het en ander dae word dit sommer net afgejaag. Ek het besluit om ‘n "commitment" te maak tot daaglikse stiltetyd – waar niks sommer net afgejaag word nie.

Ek sal later meer met jul deel wat my ondervinding was, maar nooi die van jul wat daar was om ‘n bietjie te deel oor elk van jul ondervindings en belewenisse.