BYBEL OP JOU REKENAAR


Daar is baie inligting oor die Bybel op die internet beskikbaar en jy kan die Bybel op jou eie rekenaar aflaai. Ek sal ‘n paar programme en webblaaie voorstel.

E-SWORD

Hierdie is seker die mees eenvoudigste en maklikste program om te gebruik. Vir die van julle wat op Windows werk is die program gratis – gaan na E-sword om die program af te laai. Installeer eers die (.exe) program en herstart jou rekenaar. Bybel vertalings, Woordeboeke, Kommentare ens. kan sommer vanuit E-sword self afgelaai en installeer word, kliek net op ‘download’ in die boonste menu. Dus benodig jy eers net die e-sword program. Daar is verskillende vertalings in ‘n hele paar tale beskikbaar – ook Die Ou Afrikaanse vertaling (AOV)… Laai dus af wat jy benodig…

As jy ‘n apple mac het moet die E-sword program hier ( e-sword.net/mac ) afgelaai word…of by apple apps store. Die program moet aangekoop word teen ‘n bedrag van $10. Bybel vertalings, Woordeboeke, Kommentare ens. kan dan ook vanuit E-sword X self afgelaai en installeer word, kliek net op ‘download’ in die boonste menu.

Die Nuwe Afrikaanse Bybel (ANV) is nie gratis nie, maar kan teen ‘n koste van $4.99 tot $10.00 installeer word (prys hang af van jou sagteware platvorm).

Baie mense het laat weet dat hul nie die ANV kan aflaai nie, indien jy ook daarmee sukkel, kontak my gerus.

Kliek hier om te sien hoe meer Bybels, Kommentare, Woordeboeke, Dagstukkies ens. in e-sword installeer kan word.

E-sword kan ook redelik goed op Linux werk met ‘n bietjie moeite. Volg hierdie stappe om e-sword op Ubuntu te installeer.

‎YOUVERSION

Hierdie program kan slegs op Windows 8 en 10 installeer word. Dit is gratis en het ‘n groot verskeidenheid Bybels in ‘n hele klomp tale soos Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Duits ens. beskikbaar.

BYBEL SKOOL

Hierdie is ‘n webblad met baie goeie inleidings oor Levitikus, Numeri, Deuteronomium, Josua en Rigters.

GLO DIE BYBEL

Hierdie is ‘n webblad gefokus op die feit dat die Bybel geglo en verstaan kan word soos dit geskryf is.

LOGOS BIBLE SOFTWARE

Hierdie is ‘n baie duur en eksklusiewe Persoonlike Bybelstudie, preekvoorbereiding en akademiese navorsing program. Jy kan hierdie program gratis installeer en toets. Kliek hier.

The Sword Project

Hier volg ‘n paar gratis programme wat die Ou Afrikaanse Bybel vertaling (1953) beskikbaar het en deur CrossWire Bible Society ondersteun word. Daar is ook ‘n groot verskeidenheid om af te laai soos Bybels, Boeke, Kommentare ens. in Afrikaans, Zulu, Engels en ander tale.

1. Xiphos

Is ‘n Bybel program vir Linux en Windows. Xiphos is ‘n volwaardige program met ‘n groot verskeidenheid en relevante implemente. Jy kan ook jou eie kommentare en joernale in Xiphos skryf.

2. BibleTime

BibleTime is ‘n baie maklike en goeie Bybelstudie program vir Linux/Unix, Windows en OS X. Die venster uitleg en kieslyste is maklik en gemaklik om te gebruik. Kan ook met groot verskeidenheid boeke en Bybels maklik funksioneer.

BibleTime kan installeer word in Linux deur die “terminal”. Om die “terminal” oop te maak: Ctrl + Alt + t. Tik die volgende na die $ in: sudo apt-get install bibletime
Tik dan jou ubuntu wagwoord in, onthou dat jou wagwoord nie vertoon word as jy dit in tik nie. Volg dan die instruksies en tik ‘y’ om te installeer.

BibleTime het ook nou ‘n android toep beskikbaar.

3. Eloquent

Eloquent is ‘n kragtige en funksionele Bybelstudie program vir OS X.

4. BibleDesktop

BibleDesktop is ‘n oulike Bybelstudie program vir Linux/Unix, Windows en OS X, waar ‘n paar Bybel vertalings en kommentare gesamentlik bestudeer kan word met outomatiese hoofstuk volging in alle vensters.

7 gedagtes oor “BYBEL OP JOU REKENAAR”

  1. Hallo George, ongelukkig is hierdie Bybel nie beskikbaar nie. Logos Bible software het probeer om dit te kry, maar ek kon dit nie in hul biblioteek kry nie.

    Like

  2. Middag Casper, waarop wil jy dit lees, Rekenaar of foon? Laat weet dan ook watter rekenaar of foon jy gebruik.

    Like

  3. Ek is op soek na die 1983 afrikaanse vertaling om af te laai asb

    Like

Lewer kommentaar