Seën Ons Gemeenskap


Hemelse Vader, ons bid in die naam van Jesus Christus en vrae u seën oor ons gemeenskap. Ons vra dat U hulle sal seën en behoed, U aangesig oor hul sal skyn en hul genadig sal wees; dat U u aangesig oor hul sal verhef en hul u vrede sal skenk (Numeri 6:23-27). Ons bid dit oor elke persoon in ons gemeenskap: ons bure, ons kollegas, die poliesie, die mense in tronke, die kinders op skool, die dokters en verpleeg personeel, pasiënte in hospitale, elke vader en moeder, besigheidsmense, onderwysers, die stadsraad, regeringsamptenare, die aremes, die wees en elendiges, die werkloses, die verslaafdes, ons president, sy adviseurs en amptenare en personeel.

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus (Efesiërs 1:3). Soos Jabez uitgeroep het na U onse Here, so roep ons ook uit na u dat u ons ryklik seën en ons grondgebied vermeerder en u hand met ons sal wees en U die onheil afweer, sodat ons geen smart tref nie! (1 Kronieke 4:10).

God van vrede maak ons volkome heilig en bewaar ons liggaam, siel en gees tot die koms van Jesus Christus (1 Tessalonisense 5:23-24). U is magtig om ons van struikeling te bewaar en ons sonder gebrek voor u heerlikheid te stel met ‘n groot gejuig (Judas 1:24-25).

Ons dank u Here Jesus vir u liefde en genade oor ons gemeenskap (1 Korintiërs 16:23-24). Amen

Lewer kommentaar