Die Here is my herder


Die Here is my herder
Niks sal my ontbreek nie
Hy laat my neerlê
In groen weivelde
Na waters waar rus is
Lei hy my heen
Na waters waar rus is
Lei hy my heen

Baie diep haal Hy my uit
Baie diep haal Hy my uit
Hy plant my voete op ‘n stewige rots,
Baie diep haal hy my uit

Al gaan ek in ‘n doodsdal,
ek sal geen onheil vrees nie,
Want U is met my,
Ja U vertroos my.
U salf my hoof met olie,
my beker loop oor,
U salf my met olie,
my beker loop oor.

Baie diep haal Hy my uit
Baie diep haal Hy my uit
Hy plant my voete op ‘n stewige rots,
Baie diep haal hy my uit

 

Vir die bladmusiek kliek hier: Die Here is my Herder

 


 

6 gedagtes oor “Die Here is my herder”

  1. Ek wil net vir Thomas Dreyer weer bedank. Minder as ‘n halfuur nadat ek die versoek vir bladmusiek geplaas het, het ek ‘n antwoord, EN die bladmusiek gehad. Dis nou voortreflike diens. Dankie Thomas. Groete.

    Like

  2. Hallo Pieter en Nesta! Kon julle die bladmusiek vir hierdie lied kry, of waar mens dit kan kry asb? Ek soek ook dringend daarna. Groete. Willem

    Like

  3. Thomas, het jy dalk bladmusiek van hierdie lirieke of weet jy dalk waar ‘n mens dit in die hande kan kry? Wie was verantwoordelik vir die toonsetting?

    Like

Lewer kommentaar