Moet nie moeg word om goed te doen nie


Onthou ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug (Efésiërs 6:12).

As ons bly stry teen vlees en bloed dan is die satan besig om te wen. Ons moet gefokus bly op die dinge wat Jesus in ons lewens in bou.

Daar is ‘n waarheid in die Bybel wat ons nie noodwendig van hou nie, maar as ons in Jesus se woord bly, is ons waarlik sy dissipel en ons sal die waarheid ken, en die waarheid sal ons vrymaak. (Johannes.8:31-32).

Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie (Galàsiërs 6:7-10).

Ons moet dus baie versigtig wees hoe ons teenoor mense optree. Hier word gesê dat ons moet doen aan ander wat ons aan ons self gedoen wil hê. Ons moet dit wat van God is aan ander oordra deur alles wat Hy in ons lewens geplaas het uit lewe teen oor ander mense. As kinders van God lewe ons vanuit die koninkryk van God.

Die koninkryk van God is geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. (Romeine 14:17).

Dus moet ons volgens Hom geregtigheid, vrede en blydskap saai! Ons rede vir dit wat ons saai is om geregtigheid, vrede en blydskap in ons naaste se lewens te saai. Wanneer ons vir ‘n ruk lank in mense se lewes in gesaai het, groei geregtigheid, vrede en blydskap ook in hulle lewens. Vers 9 en 10 van Galàsiërs 6 sê duidelik dat ons nie moet moeg word of verslap in ‘goed doen’ nie. Dit beteken nie dat ons alles moet doen wat mense van ons verwag nie, maar dat ons alle situasies met liefde en vrede moet hanteer.

As die HERE behae het in die weë van ‘n mens, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou (Spreuke 16:7).

Ons kan dus vrede hê met selfs ons vyande en nie net familie nie. Tog is familie baie belangrik vir God en sal daar vrede kom as ons nie verslap nie.

Die Here Jesus wil hê ons moet probeer om in Sy wil te loop en as ons daardie eerste tree gee dat Hy ons sal by staan en help. Ons moet dus daagliks vra vir krag en ondersteuning van die Heilige Gees.

Bid gerus Efésiërs 1:16-23, en Efésiërs 3:14-21 as ‘n gebed elke dag om versterk te word en aan te hou goed doen.

 


 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s