Wie is Abba Vader?


Jesus het in die tyd van Sy diepste nood uitgeroep “Abba Vader” (Markus 14:36)!

In Johannes 17:23 lees ons:

Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

Ek is oortuig daarvan dat ons ook in tye van nood kan uitroep “Abba Vader”!

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
(Hebreërs 4:16.)

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
(Filippense 4:6-9.)

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
(Matthéüs 11:28.)

Hierdie bevestiging het ons soms nodig om te weet dat ons aan Hom behoort, dat Hy ons baie lief het en ons volkome een is…

John Eldredge verduidelik dit ook baie mooi in A Christmas Devotion !

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s